Elaine, ek kry nou lekker snaaks vir jou Nozi login...dalk het jy gesplete persoonlikheid....
Anina, ek wens baie keer ek kon my dag op papier vasle, want daai oomblik wat altwee so skree, is net onbeskryflik vir iemand anders...

Lance is gelukkig besig om te pottytrain, so hy loop meeste van die tyd kaal...lol. die probleem kom net as hy n bollie in sy doek gemaak het, wil hy dit uit trek en as dit op n oomblik is wat boetie aan die bors is...kan dit n groot gemors afgee....
ten spyte van al die gekla, love ek nogsteeds ma wees en weet ek eendag sal ons lekker lag oor die kinders wat so bedrywig was.
ooo, wag, amper vergeet ek. ek het n wonderlike oggend gehad. Lance is skool toe en die gesang wat ek vanogg in die huis gehoor het was 'lekker skooltjie toe, jippie, jippie, jay jay'!!! kan julle glo! by die skool gekom en lance het dadelik begin speel en toe ek loop waai hy ewe vriendelik vir my en wys 'chap; met sy duimpie. my hart is so bly daaroor! ek gaan hom nou (1uur) haal.
as ek nie weer hier uitkom nie. lekker naweek vir julle.