file Oktober mammies 2010

15 years 9 months ago #148866 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo!

Christa, jou wasgoed drade lyk handig. Ek hou ook van babygrows. Jy is reg Woolies hou die groteres aan. Daar is juis nou sulke mooi baby grows wat tot 2 jaar gaan. Ek wou dit eers nie koop vir C nie want dis net so plein een kleur met net die voetsole wat 'n patroontjie op het. Maar ek het dringend vir haar babygrows nodig gehad voor ons op vakansie gegaan het, en toe sy dit aanhet lyk sy sooooo oulik in haar helderpienk babygrow en die voete lyk so cute. En dis van sulke lekker sagte goeie kwaliteit t-hemp tipe materiaal, sy voel sommer lekker as ek haar daarin aantrek. Needles so say, die dingetjie gaan vinnig uitgewas word want ek trek dit dadelik aan as ek dit in die kas sien!

Stefan hoef darem nou net weer vir nog een masels inspuiting te gaan een of ander tyd en dan eers weer op 6 jaar.

Claudia het op 8 weke 5,6 kg geweeg en was 57 cm lank. Dit beteken sy het net 7 cm gegroei van geboorte af, ek kan dit skaars glo. Ek wonder hoe akkuraat die suster gemeet het. Sy het vandag vir Stefan ook gemeet maar hy wou glad nie stilstaan nie, toe se sy sommer hy is min of meer 75cm. Ek sal hom maar mooi meet op 'n stadium.

Carmen, ek sou my nie te veel steur aan die suster wat se sy drink te min nie. Hoe forseer jy 'n baba om te drink??? Ek sou eerder as ek jy was probeer het om kleinder bottels aan te maak, net so 80 ml op 'n slag. Miskien hou sy nie so baie van die melk as dit 'n rukkie gestaan het nie. Jy kan ook probeer om 'n ander melk te gebruik, die een se smaak is dalk nie vir haar lekker nie. Ek weet my skoonsus se baba het baie meer gedrink op NAN perlagon as op gewone NAN.

Claudia slaap ook nog nie deur nie, sy het wel Sondag aand deur geslaap, maar dit was 'n eerste en gisteraand het sy weer van 2 uur af elke 3 ure gedrink. Saterdag aand het sy geslaap tot 12 uur en toe het sy nog 3 keer gedrink tussen 12 en 6. En dit die aand voor die doop, ek was poot uit Sondag aand! Ons het nou haar aand roetine verander, sy bad nou saam met boetie na 7de laan, dan val haar eerste stretch slaap wat altyd die langste is darem bietjie meer saam met my slaap tyd.

Janine, raak jy nie sommer net weer van voor af broeis as jy sulke klein babatjies sien nie? Ek is seker mal, maar ek sal nogal maklik nou weer 'n baba he as ek net nie weer hoef swanger te wees nie. Bly Ilse groei so mooi, dit lyk my sy en Claudia is omtrent ewe groot.

Petro, ek dink Xander is 'n yster! Veral as mens sy geboorte gewig in ag neem en in gedagte hou dat die arme ding nog tussen in in die hospitaal was ook.

Lekker slaap almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #148799 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ons wasgoeddrade wat sommer in die huis opgeslaan word.
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #148770 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen ek sal glo jy stoei met wasgoed! Ek het ook nie ñ tuimeldroer nie, maar ons het 2 kampeer wasgoeddrade wat lyk soos die rondes wat mens buite plant. Ek sal foto post. Ons slaan dit sommer in die garage of ñ slaapkamer op. Hooq Riley voel vandag beter! Gerné toemaar die 1ste dag is om! Nog net 2 oor! Woolies het winter babygrows tot 24 maande. Ek dink Maré gaan so cute lyk daarmee! Hoop Ruben is okay na sy spuite! Anina lekker vir die pajama dag! Ek is besig met kaste uitsorteer, so dis eers uit vir my! Hoop jy het lekker kruideniersware gaan koop! Ons yskas en koskaste is ook maar yl! Bly jou tannie het Sondag tot jou redding gekom! Ek kan my ook nie 60 mense in my huis indink nie! Stoute mamma moet nou nie weer die inentings vergeet nie, hoor! Dink net aan daai ou gesiggie vol eina trane! O ja, Gerné het jy toe iets met jou uif uitgerig? Hoop jy kom gou reg daarmee!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #148424 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle,

Ek loer net gou in voor ek gaan maandelikse inkopies doen.

Ek het gister 'n pajama dag gevat, net lekker gele en lees heeldag!

Die doop het goed gegaan, die reen het net ons planne bietjie in die wiele gery. Ek was so gestres oor hoe ek 60 mense in ons huis gaan akkomodeer want ons het beplan om meestal buite te kuier so daar sou genoeg plek wees as dit nie gereen het nie. Toe ons by die kerk inloop, staan my tannie vir my en wag en vra of ons nie die ete na hulle huis toe wil skuif agv die reen nie. Dit het gevoel of daar 'n berg van my skouers afgly! Ek het dadelik haar aanbod aanvaar, toe moet ons na kerk huis toe jaag om die bediendes en al die goed te gaan oplaai en na haar huis toe vat. Dit was bietjie rof maar gelukkig het alles darem uitgewerk op die ou end!

Stefan was vanoggend vir sy inentings, shame, dit is rof vir die ou dingetjie. Hy het erg gehuil, en sy stoute mamma het mos vergeet van inentings die laaste ruk, so hy moes 3 inspuitings op een slag kry. Maar nou is hy darem op datum.

Sal later weer kom chat.

Lekker daggie!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #148314 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hi

My man is vir 3dae weg en dis aaklig sonder hom. Dis so stil en alleen in die groot huis!

R het gister van 10uur tot 4uur geslaap - die dag! So een keer tussen in gedrink en 4uur het ek hom wakker gemaak want toe begin ek worry hy gaan nie gisternag slaap nie. Hy was bietjie rusteloos gisternag maar nie te bad nie. Nie seker wat was fout nie maar hy was doodmoeg :)

Ek gaan hom vandag vat vir sy imunisasie, hy is vrydag al 10weke so ons is bietjie agter! Maar hy was mos siek

Carmen, sterkte met die wasgoed en hoop R voel gou beter.

Christa, die babygrows is die lekkerste ne, veral die winter! Bietjie raad - as jy ooit 18-24mnde lang babygrows sien - koop dit!!! Daai wat die langbene het. Hul is baie skaars. Ek het daai tyd vir henko gesoek en kon net 2 kry by pick en pay en nerens andersd nie. En ek onthou die ander mammas het net so gestruggle.

Janine, I is al n lekker gewig! Hoop sy is okay vandag.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #148286 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Sarah, thanx that makes me feel a bit more comfortable that she is not too small, just tiny. :) Skye is just a little bit ahead :laugh:

Petro, nee kyk Xander is 'n regte bulletjie B)

aai, ek love die reen weer, maar dis absoluut tragies vir my as dit by wasgoed kom! Ek MOET vandag was en natuurlik is die weer alweer bewolk en reen dit saggies hier en daar :angry:

Shame Riley was deur die nag vreeslik onrustig en het paar keer wakker geword en was warmer as gewoonlik, so ek dink daai inspuitings het haar maar olik laat voel :( Sy is darem nou weer beter! Het vir 0,6ml van die Ponado Baby drops gegee om net te help!

Lekker daggie julle :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #148182 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Petro Xander lyk soooo oulik! Bly jul trek is afgehandel! Sterkte vir die uitpak! Gerné bly jul dag was so lekker en alles het goed afgeloop! Helene ek trek ook 90% van die tyd babygrows aan, want dis vir my so oulik! Ek wil Maré tot op 2 jaar babygrows aantrek! Carmen bly Riley is so gesond! Maré was op 12wke so 6,7kg en ek skat 64cm lank. Maar hy is ñ bulletjie soos julle gesien het! Ek gaan hom Donderdag vat vir sy 4 maande weeg en meet. Ja, kan julle glo Saterdag is hy al 4 maande oud! Dis vreeslik! Tyd vlieg! Elise hou duim vas vir jou man! Wat moet gebeur sal gebeur wanneer dit moet gebeur! Dit motreën al heeldag by ons. Ek is skoon depro van die grys weer! Maré het so kwart oor 3 vanmiddag wakker geword meu ñ hartverskeurende huil. Toe ek hom eindelik getroos kry het hy seker nog ñ halfuur lank gesit en snik! Dink julle hy het ñ nagmerrie gehad?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account