Anina, hoop die doop het toe goed afgeloop, ons doop die 6de Februarie. Kon jy toe darem jou rok toe zip?
Ek sal iets vir my moet kry vir Nadia se doop, wil ook my hare gaan laat sny voor die doop. Nadia trek die rokkie aan waarmee haar pa gedoop is, dit is 'n familie dooprok, dink hy is 100 jaar oud as ek dit nie mis het nie.
Ons is veronderstel om die doop kursus die week en volgende week by te woon, ML is die week nog nie by die huis nie, nou moet ek maar alleen gaan. Dit gaan baie vreemd voel. So bly dat my skoonsus darem die 3 oudste kinders sal oppas, gaan net vir Nadia saam vat.
Gerne, hoop die inseening en partytjie het ook goed afgeloop.
Elise, ek het skype, myne was lank af gewees, het hom in laas week weer opgesit. My username is krimpvarkie1
Ek is bly jou melk lyk darem meer. Jy moet ook net onthou, mens kry nie noodwendig so baie uitgemelk as wat baba kan drink nie. Ek kon nog nooit uitmelk nie, maar ek het 3 kinders suksesvol geborsvoed en besig met nr 4. Baba se suigrefleks is baie sterker as wat enige pomp kan pomp.