file Oktober mammies 2010

15 years 9 months ago #148180 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Naand julle!

Ons was vandag ook vir 10 wke inentings, aai, die trane darem, sommer hartverskeurend as hulle so huil en jy weet die 2e inspuiting kom nog! Ook die Viburcol gegee, sommer 'n rukkie daarna aan die slaap geraak, maar die res van die middag sommer huilerig en nie lekker nie. Darem nou weer uitgepass. O ja, gewig was 5.7 kg en 57 cm, groei mooi op haar kurwe maar ek wonder of hulle reg gemeet het, want sy was op 6 wke by die pediater al 57cm... Daar was 'n ou 9 dae oue babatjie net na ons by die suster, mensig julle, ek kan al klaar nie dink Ilse was so klein nie! :laugh:

Toemaar Petro, ons ook nog nie by deurslaap nie... Bederf my so nou en dan wat sy deurdruk tot 3 uur, maar meestal ook nog so 12 uur dorstig.

Bly alles het so goed gegaan gister Gerne, dit klink of dit sommer 'n heerlike kuier was!

Ons't verjaarsdagpartytjie Saterdag ook geniet, ek nou skoon lus om al Ilse se 1e partytjie te beplan!! :P

Elise, hou net aan met die uitpomp en laat S gereeld drink, ek kon aan die begin ook net sulke klein bietjies uitgepomp kry en nou't ek al 'n paar vol bottels in die vrieskas. En soos Anina sê al voel mens se borste nie meer so vol soos aan die begin nie, is daar defnitief genoeg melk, solank sy mooi aanhou optel hoef jy glad nie eers te worry of daar genoeg melk is of nie.

Die van julle wat ek nou nie op die naam genoem het nie, bly dit goed met julle almal ook! :cheer:

Ek moet by aandete uitkom, hoop almal het 'n rustige nag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #148051 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
wow carmen - as sy net 3 botties drink in die dag - slaap sy dan dwarsdeur die nag sonder om te drink ??

xander drink op die oomblik 6 bottels van 125 ml in die dag en nogsteeds 2 x 125ml in die nad - niks van deurslaap by my nie

en op 12 weke is my seuntjie dan n yster op 5,8kg as julle onthou dat hy die kleinste ene was met 2.75 met geboorte

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #147964 by Sarah
Replied by Sarah on topic Re: Oktober mammies 2010
Skye was weighed last week (at 12 weeks) and she was 5.5kg and 59cm long.

sarahashwell.weebly.com

Professional Nanny, Qualified Teacher, Post Natal Doula and Mommy (Oct 2010)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #147921 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Aaai, die inentings is darem agter die rug! :) Daai ou gesiggies wat soooo verskriklik skree is nie lekker nie, maar R is darem nou weer happy :)

Shame, Riley is 'n klein babatjie, ek het my nie verbeel nie :laugh: En julle almal het mos so gese! Die suster het haar so gekyk en gese dis die kleinste fynste ou dingetjie wat sy al gesien het.

Madam weeg 5.14kg, dis nie vreeslik baie nie, maar sy is nog binne die normale range. Sy loop onder die curve, maar nogsteeds within normal range onder die curve. Die suster is happy met haar en sy is mooi gesond :)

Onthou ek het gese dat sy party dae net 3 bottels van 180ml drink, wel die suster voel ook ons moet haar op ten minste 4 'n dag kry en vir eers die rooibos uitsny dat sy net fokus op haar melkies. Nie dat sy anyway baie rooibostee gedrink het nie, sy drink maar so 120 ml in 3 dae, maar laat ons dit maar eerder vervang met melk.

Sy het doe laaste week weer meer gedrink, defnitief 4 bottels, maar dos daai dae waar sy net 3 wil drink, dat die suster se ons gaan moet forseer om meer te gee.

Riley is baie happy en drink goed en is nooit ongelukkig nie, maar as sy nie meer melkies gaan drink nie gaan sy dalk in die toekoms begin te klein raak, maar vir eers is alles 100%, ons sal maar die ou dingetjie moet MAAK nog 'n bottel of 2 'n dag inkry :laugh:

Sy is nou 'n volle 58 cm lank! Ek dink sy is nogsteeds die kortgat tussen almal :laugh: maar dis 'n hele 4 cm van laas af!! Sy die dingetjie groei darem goed.

Waar was julle kinnertjies gewigwys en lengte nou weer op 12 weke?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #147914 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
more julle

ek voel skoon afgeskeep omdat julle almal mekaar ken en reeds ontmoet het - huh helene - voel jy nie ook so nie !!!

gerne - bly jou dinge oor die naweek het goed afgeloop. en anina ek hoop jou doop was ook goed

helene - ek hou ook niks van broekies en hempies nie - ek is 'n groot sucker vir 'n babygrow - hulle lyk vir my die heel cuuuuutste met dit

ons was laasweek vir ente geweees - same hy het glad nie die keer lekker gevoel na die ente nie - en ek het vir hom die Vurbicol setpilletjie gegee ! hy was sooo moeilik die hele dag

hy het dus op 12 weke geweeg 5.8kg en 59cm lank - mamma se groot seun

ok julle - lekker dag !!!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #147826 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
more julle

bly almal het n lekker naweek gehad ons sin was ook maar net rustig by die huis was so lekker

die melk vorder darem dit is hoeka pomp tyd lol my man wil lag as ek vir hom se ek wil pomp ken mos mans se gedagtes. gerne ek drink nog al die pad daai pille maar lyk nie of dit veel help nie maar n aan houer wen nie of hoe?

wel s slaap het haar maar bietjie warmer aan getrek met die nat weer sy was nog nie siek nie en ek soek haar ook nie nou siek nie lol

ek moet nou nou gou my niggie dok toe vat haar man is werk toe met haar kar nou kan sy nie ry nie en ek is nie lus vir ry nie

julle moet my n gunsie doen en n gebedjie vir ons doen my man kan n beter pos kry by sy werk hy moet die week aansoek doen daarvoor en dit kan ons baie help al wat nie lekker is nie is daar is travelling involved hy gaan kaap, durban, swede, brazil en al daai plekke toe so nou enb dan as daar n klient met n probleem is maar ek is bereid om saam hom te staan om dit te maak werk ja dit gaan nie maklik wees nie maar dalk sal hy ons meer mis en dit maak n verhoiuding lekker sterk of hoe?

wel ek moet klaar maak gesels later weer carmen strekte met die inentings

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #147813 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo almal

Die babas is so pragtig! Dis lekker om al die fotos te sien, en veral nou dat ek hul ontmoet het is dit makliker om die ou babatjie by die fototjie te sit!

Gister was great, eintlik die hele naweek, ons het so gekuier, almal is pootuit. En die huis is n gemors! Die inseen was so spesiaal, ek was vreeslik emosioneel. Dit het net na kerk opgehou reen, gelukkig want toe het ons die springkasteel opgeslaan en later geswem ook. Die kids het dit vreeslik geniet en die laaste paar pelle het eers 7uur gery! Shoe :). Toe is dit deur die band en in die bed! Ek moet vandag al die persente en speelgoed uitsort want die goed le die hele wereld vol en H speel nie met alles nie. Gaan van dit wegpak. R was so soet,hy het omtrent heeldag geslaap. En nou sit en gesels hy hier in die sitkamer, hy raak so cute.

Anina hoe was jou doop?

Carmen hoe gaan dit met j dieet? Ekt vandag begin.

Helene , jy moet van daai suspenders kry, dit werk baie goed! Ek trek ook maar net vir R broekies en hempies aan met spesiale geleenthede. Hulle lyk tog so cute in jeaans :)

Elaine, sterkte met die alleen wees en kursus.

Elise, hoop j melk kom weer reg. Het jy al daai pilletjies gedrink?

Jis dit reen nou weer so heeltyd, alles is weer permanent nat en vuil :(.

We'll lekker dag almal

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account