file Oktober mammies 2010

15 years 9 months ago #142192 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo almal

Bly om te sien dit gaan goed! Ons kuier baie lekker by die C!

Christa, M het pragtig gelyk met sy doop, well done met die uitrusting! Jy lyk goed!

Anina, die dr het vir ons gese met R se 6weke besoek dat hy net hardlywig is as hy harde drolletjies (skies) uitdruk. Hy maak dieselfde as claudia en se hy dat hulle struggle omdat hulle liggaampies nog nie lekker weet hoe om die hele druk en release ding te doen nie. Hulle druk maar ontspan nie die anus nie dan stoei hul so. En dit gebeur gewoonlik rond 5 - 6 weke. R stoei nou nog omtrent n halfuur voor iets uitkom, dan druk hy vreeslik, raak rooi in die gesig en maak geluide.

R is vreeslik soet, hy slaap permanent en as hy wakker is gesels hy so lekker. Henko in die ander kant is baie moeilik, ek dink hy is oorweldig mey alles, dan slaap hy nie genoeg deur die dag nie en is vreeslik moeilik in die aand. Hy eet ook baie swak. Dink sy hele patroon is sommer net in sy glorie in want die son gaan sak mos eers 8uur hier so alles is net anders. Ons het hom vanaand 7uur in die bed gesit sonder kos want hy wou nie eet nie en het net geskree. Van more af gaan ek probeer om weer sy roetine reg te kry.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142173 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
lol Anina, my man moet altyd 'n boek he as hy toilet toe gaan! Hy se altyd hy kan nie uit sy kop ... nie....sit jy maar die ontbrekende woord in :laugh:

Maar hy het verseker selektiewe gehoor.... :laugh:

Dankie Christa, sal bietjie gaan loer na daai authors!

Elaine, ek drink nou nie die berry elixir nie, ek borsvoed mos nie, maar dit is flippen lekker daai goed!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142172 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
lol Anina, my man moet altyd 'n boek he as hy toilet toe gaan! Hy se altyd hy kan nie uit sy kop ... nie....sit jy maar die ontbrekende woord in :laugh:

Maar hy het verseker selektiewe gehoor.... :laugh:

Dankie Christa, sal bietjie gaan loer na daai authors!

Elaine, ek drink nou nie die berry elixir nie, ek borsvoed mos nie, maar dit is flippen lekker daai goed!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #142140 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie Elaine en Carmen! My man werk regdeur behalwe öu die vakansie dae en naweke. Julle moet jul mans tuis geniet! Carmen ek hou van dieselfde tipe boeke! Kyk gerus na Patricia Cornwell, Robin Cook, Kathy Reichs, James Palmer en Linda Fairstein. Anina my man sal daai boeke van jou geniet! Hy hou van feitelike boeke en selfs flieks. Ek hoop Claudia voel gou beter!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #142138 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Shame Anina, arme Claudia, dit is nie lekker as hulle so seer het nie. Borsbabas word nie hardlywig nie, weet nie wat kan dit wees nie. As haar poefies nog sag is en nie kliphard nie, dan is sy nie hardlywig nie. Bly sy slaap darem nou en hoop sy voel beter na die slapie.

Ek het nou vir my Blackthorn berry elixir in 'n glas melk gegooi, was dit nou lekker. Dit maak nogal 'n lekker melkskommel. Ek het nou sommer ander idees, soos om 'n regte melkskommel met roomys te maak met dit in.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #142120 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, my man lees ook maar moeilik. Ek het vir hom Top Gear se "Big book of 2011" gekoop vir Kersfees. Dis vol prentjies en cartoon type goed. So dit kan sy toilet boek wees vir die volgende paar maande... hy "lees" altyd kar tydskrifte of die autotrader op die toilet. Hoe lees mens die autotrader? Dis net kar advertensies, en ons is nie opsoek na 'n kar nie, maar die pertol koppie vat daai ding elke keer saam met hom toilet toe! Die naaste wat hy aan lees kom is om 'n artikel of twee in die Weg Ry te lees (ook op die toilet!). Hy lees nie eers die Bybel nie, ek lees en hy luister!!

Maar sy luister vaardighede is baie beter as myne, hy onthou elke woord as ek vir hom lees, as hy self lees moet hy iets 3 keer lees om dit regtig in te neem. Hy is maar een van daai kinders wat net geluister het op skool, alles wat selfstudie was het hy nie gedoen nie. Hy is 'n auditiewe leerder, die visuele is nie so lekker ontwikkel nie...

Claudia het erg pyne vandag! Die arme dingetjie lyk of sy hardlywig is. Maar borsbabas word mos nie eintlik hardlywig nie?? Sy kriewel en dan begin sy druk dat sy bloedrooi word en huil en later skree en dan kom daar ewe skielik 'n blerts poef uit. Dit gaan nou al die heel oggend aan en ek het al nr 8 tissue soute gegee en koliek tissue soute en krampwater en behoedmiddel. Niks help nie!!! Toe besluit ek om maar braaf te wees en vir haar 1ml panado te gee vir die pyn. Nou slaap sy vir die eerste keer van 6 uur vanoggend af (dis nou half 2!!!). Hopelik voel sy na haar slapie bietjie beter.

Al die bietjies bietjies poef het nou al, al my skoon doeke op gebruik, so die doeke is nou in die wasmasjien en sy le met 'n spoegdoek onder haar boude op my bed en slaap.

Lekker middag, sterkte met die shopping die wat nog moet shop! My man is van more af af, dan gaan ons bietjie by my skoonma kuier tot Kersdag. En dan begin hy eers weer 10 Januarie werk. Dit gaan lekker wees om hom hier te he vir 2 weke!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #142092 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
hi julle!!

Christa, Mare het te oulik gelyk is outfit! Julle lyk baie happy en pragtig saam! :)

Ja dis maar min van ons oor op Moomie, ons gaan ook mos nerens heen nie...so ekke sal maar inloer elke dag!

Anina, my man werk halfdag tot Vrydag en dan is hy vir die week tussen Kersfees en Nuwe jaar af. Ons maatskappy sluit net daai gedeelte en hy kan nie nou langer verlof vat nie, want die ander ouens in sy groep is op verlof, maar sy werk is baie flexible, so hy kom en gaan eintlik nes hy wil ;)

Ek hou ook van lees, maar ek lees amper nooit :ohmy:

Maar ek verkies outobiografiee en moord, forensics ens. Fiksie of nie, maak nie saak nie.

My man lees NIKS...hy kyk na prentjies en dis al :laugh:

Ok, lekker daggie, loer later weer in!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account