file Oktober mammies 2010

15 years 9 months ago #142312 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Sjoe, ons het 'n heerlike 2 dae agter die rug! Lekker saam die 2 families gekuier!

Riley het die oulikste geskenke gekry, maar my pa het vir haar sulke pienk Nike skoene gekoop, dis sooo cute, sal 'n foto probeer opsit!

Ekke het net sulke lekker prezzies gekry, waarlik dankbaar en geseend!

Is nou uiteindelik by die huis en gaan nou net voor die tv le...

Hoop julle almal kuier lekker saam die families xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142297 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!

Ek hoop julle het almal 'n wonderlike geseende Kersdag gehad. Ons het heerlik saam met my man se familie gekuier oukersdag en toe Kersdag saam met my skoonouers en my boetie gaan uiteet. Dit was so lekker!

Stefan en Claudia is oorlaai met geskenke. Claudia het 'n pram rattle gekry. Ek het dit vanoggend vir haar opgehang en sy het dit dadelik raakgesien en het al 'n paar keer daarna geklap. So oulik, ek het nie gedink dit sal haar nou al interesseer nie maar die goed is vir haar baie oulik.

My man is mal oor sy Top Gear boek en spandeer nou heeltemal te veel tyd op die toilet...

Christa, daai boek wat ek lees is: "E=mc2" deur David Bodanis. Dis regtig goed as jy 'n belangstelling het in wetenskap of net nog altyd gewonder het waaroor die bohaai van Einstein en sy relatiwiteits teorie gaan. Ek is nou net so oor halfpad.

Gerne, dankie oor die inligting van die druk en ontspan. Dit het nou sommer my gemoed gesus. Claudia is darem nou beter, dit lyk my dit was toe net die een dag wat dit so erg was, nou is dit weer bietjie beter.

Lekker dag almal en geniet die vakansie tyd! My man is nou op verlof, dit is heerlik om hom by die huis te he!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142274 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Mammas mag elkeen van julle ñ wonderlike Christusfees saam met jul families vier! Hoop dis gevul met liefde, vrede en vreugde! Lekker slaap!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142273 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle

ons is in mosselbaai vir die holiday !

hoop jullle almal het 'n wonderlike aand saam julle fams en vriende

hier is xander met al sy 1STe presente

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142232 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek hoop almal geniet oukersaand saam hul pragtige kindertjies en familie. Mag jul geseen wees.

Ons deel 7uur persente uit, n vriend van my swaartjie kom kersvader speel!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142214 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Sjoe, dit het gisteraand so 2 uur se kant vreesluik hard begin reen, mensig! :ohmy: Maar dit het darem die aarde bietjie afgekoel, want ek wil nou nie snaaks wees nie, dis FLIPPEN warm!!

Riley het soos 'n klip geslaap van 9-6 en toe slaap sy gou weer van 8-9! Sy is seker moeg van al die mile en gesels!

Julle moet almal 'n heerlike Oukersaand, Kersfees he! Ons gaan lekker besig wees! Gaan na my tannie hulle vanaand, moreoggend is ons by my mahulle, Kersmiddag en die volgende dag is ons by my swaer hulle :-)

Gesels weer later!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142195 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Elaine jou shake klink heerlik! Die elixer alleen was vir my heeltemal te soet! Geniet dit! Julle mans gaan stuipe kry as hulle moet weet hul toiletsake word op moomie bespreek! LOL! Myne lees weer glad nie daar nie. Gerne bly jul geniet die C! Siestog Henko voel seker maar bietjie vreemd! En dan is sy hele roetine ook nog omver gewerp! Sterkte! Ek is lekker jaloers op jul C vakansie! Anina wat is die boek oor Einstein se naam? En waar het jy dit gekoop? Lekker dag! PS My shopping is darem gister afgehandel!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account