Hallo almal
Dankie vir die raad oor die internet, Ek self verkies ook eintlik Vodacom. So bly dit klink beter.
Gerne ek wil net noem dat ek het baie melk, nog altyd gehad. Al voel my borste nie so styf die keer nie,tel Andre goed op, maar my punt is eintlik wat ek wil se dat ek kon nog nooit eintlik myself uitmelk nie. Het nou nie al die post gelees nie, maar as hy reg optel is alles ok.
Petro hoe gaan dit met Xander se blaas? Hopelik het die medisyne dadelik begin werk. Dis so sleg as hul so klein al moet antibiotika kry. Suzaan het destyds op 2 weke longontsteking gekry.
Christa bly julle het lekker "gebrag". Dis so maklik as hul klein is om te ry, hul slaap en drink net en dan is hul tevrede.
Anina daai klink so bekend. Ek loop soms met Andre in die een arm en Rachelle in die ander. Gelukkig doenouma darem die ding as sy hier is, so hoop dit werk daar ook.
Die res van julle Andre wil nou vir mamma he so ek kan nie nou verder personals doen nie.
Tot netnou