file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #135967 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Riley weet ek wil graag vandag slaap, want sy probeer haar uiterste bes om daai oe oop te hou :P Nee sy WIL wakker bly!

Die hospitaal doen sommer die geboortesertifikate en ons het ons s'n gekry toe 4 dae nadat sy gebore is. Hulle het 'n tannie wat die info kom haal en dan Binnelandse sake toe gaan. Het R ook geregistreer by die medies en ons betaal R550 ekstra einde van die maand :( :( But I guess such is life!

Ek moet se ek love Spur kos, jy weet darem altyd wat jy gaan kry :laugh: Eet altyd lekker daar!

Woensdae kan kinders mos verniet eet by Spur, so julle kan net imagine hoe besig dit was gisteraand, dit was 'n malhuis! :blink:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #135910 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, die sister hier het gese dis die nuwe immunisasie skedule. Iemand het ook gese die staat sin is 6 weke en privaat een 8 weke? Maak nie regtig sin nie, so ek weet nie regtig nie.

Ek gaan nie weer se al die babas moet deurslaap nie, want lyk my almal het bietjie rowwe nag gehad. Andre het ook gisteraand deur die nag wakker geword en nie geslaap tot 6 uur soos gewoonlik nie.

Ek moet net se ek dink borsvoeding is baie makliker as bottels. Vir my altans werk dit soos 'n bom. En as Andre dors word voed ek net waar ek is, jammer vir die mense dis hoe ek is en dis natuurlik volgens my. Ek gooi wel 'n kombersie oor so baie keer mense nie eens ek voed nie. Moet se die tiet is nou al vyfdehand (nie tweedehands nie) so hys oud en gebruik so niemand sal na hom wil kyk nie. LOL.

Christa ek burp ook nie vir Andre nie. As hy aan die slaap raak le ek hom net neer, en as hy wakker is sit ek hom oor my skouer en gaan aan met wat ek doen. Die burps kom self uit bo of onder. Het so gemaak met almal.

Anina hoop jy kan bietjie slaap. Dit klink erg woes daar by jou laas nag.

CArmen daai Spur klink lekker. Ons het gister (ek en my ma) sommer vir middagete die kids bietjie Wimpy toe gevat. Het gewonder wat die rou uie in die slaai sou doen, maar lyk my Andre is sy ma se eet gewoond nou al. (EK hou mos net aan om alles te eet.) Gelukkig lyk dit my dit affekteer hom nie.

Mediclinic doen darem ons geboorte registrasies, so ek het net sy geboorte sertifikaat by hulle gaan haal. Net ek wat nie so vinnig was met die mediese registrasie nie. Maar wat sal een week nou eintlik vesrkil maak?

Dis lekker bewolkerig hier, so die daai vreeslike son hitte nie. En ek is bly, want my sussie hulle kom kuier van vanaand af tot Sat of Son en ek moet huisskoonmaak.

Elise waar is jy vanoggend of is my internet te stadig en was jy al hier?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #135903 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, die sister hier het gese dis die nuwe immunisasie skedule. Iemand het ook gese die staat sin is 6 weke en privaat een 8 weke? Maak nie regtig sin nie, so ek weet nie regtig nie.

Ek gaan nie weer se al die babas moet deurslaap nie, want lyk my almal het bietjie rowwe nag gehad. Andre het ook gisteraand deur die nag wakker geword en nie geslaap tot 6 uur soos gewoonlik nie.

Ek moet net se ek dink borsvoeding is baie makliker as bottels. Vir my altans werk dit soos 'n bom. En as Andre dors word voed ek net waar ek is, jammer vir die mense dis hoe ek is en dis natuurlik volgens my. Ek gooi wel 'n kombersie oor so baie keer mense nie eens ek voed nie. Moet se die tiet is nou al vyfdehand (nie tweedehands nie) so hys oud en gebruik so niemand sal na hom wil kyk nie. LOL.

Christa ek burp ook nie vir Andre nie. As hy aan die slaap raak le ek hom net neer, en as hy wakker is sit ek hom oor my skouer en gaan aan met wat ek doen. Die burps kom self uit bo of onder. Het so gemaak met almal.

Anina hoop jy kan

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #135893 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek burp nie vir Maré vreeslik nie. Hy hou ook op drink of die melk loop so straaltjie uit sy mondhoek as hy ñ wind het. Maar as hy rustig is na hy gedrink het, los ek hom. Hy poep net verskriklik! Kan dit van die formule wees? Of is dit van winde sluk? Ag en dan het ek gaga nuus gekry. My punt beentjie van my stuitjie, het geskuif. Nou moet ek permanent op ñ ringkussing sit! Soos in as ek my boude neersit, moet dit op die ringkussing wees. Dr sê van nou af loop ek met baba in die een hand en kussing in die ander hand! Die ergste is, ek mag glad nie fietsry nie!!! As dit nie regkom nie, is dit of ñ operasie of die kussing vir die res van my lewe! Ek huil sommer! Carmen ek is ook doodmoeg van die onderbroke slaap! En my man verstaan dit nie! Ek is dan heeldag tuis en doen niks. Kom ons laat dit liewer daar! Gerne geniet ñ lekker groot glas wyn vanaand, dan ontspan jy bietjie! Ag Henko klink te dierbaar!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #135877 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, lyk my ons ly aan dieselfde siekte, ek kry ook glad nie nou in die dag geslaap nie. Claudia slaap soos 'n klip en Stefan is stroop soet maar ek is helder wakker! Ten minste kan ek nou bietjie tyd aan ou Stefantjie spandeer dalk is hy dan nie weer vannag so moeilik nie.

Gerne, so lank as wat hulle suig en nie skree nie kan ek dit nogal hanteer. Bly jy het 'n beter nag gehad. Ek gee vir Claudia nr 8 tissue sout en natura se colic tissue sout. Dit lyk of dit goed werk vir die krampies.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #135770 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
More

Ons nag was okay, R was maar sy elke 2ure wakker maar ek het dit heel okay gehandle. R het nog krampies maar dit lyk darem bietjie beter.

Ja ek dink ek gaan vanaand ook bietjie relax en n lekker groot glas wyn drink.

Shoe Anina jy het n rowwe nag gehad. Hoop jy kan vandag bietjie rus.

Carmen, oe lekker vir daai spur! Ja mens gaan nogal baie soontoe as mens kids het maar dis okay, hulle kos is gelukkig lekker. Slapies ook nou bietjie vandag hoor.

Christa, ek het Henko tot op drie maande geburp. Hy het maar baie winde gesluk met die bottel. Maar in die nag was ek baie sleg :)

Henko is vanoggend so liefdevol, terwyl ek voed wil hy net druk en soen en hy le so hard op sy boetie, arme ruben le maar net met sulke groot oe!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #135747 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Stefan is uiteindelik wakker. Claudia was nou vir so 'n uur wakker en drink nou so ek hoop ek en sy gaan nou 'n beurt kry om te slaap.

Christa, ek burp nie vir Claudia nie, as sy 'n wind sluk hou sy op drink dan sit ek haar regop en as die wind uit is drink sy verder. As sy klaar gedrink is sit ek haar net so in die bed. So ek dink nie daar is 'n regte ouderdom vir ophou nie, as hy gemaklik is na 'n voeding hoef jy nie te karring met winde nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account