file Oktober mammies 2010

15 years 11 months ago #129254 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo almal.

Ek gaan later al die posts lees. Skies ek was so skaars, gaan nie eers begin oor die internet nie......
Anina ek sien jy loop nog.

Was gister met Andre vir sy 6 weke ondersoek. Hy weeg nou 4,96 kg, 57 cm lank en kopomtrek is nou 38,8 cm.

Carmen Andre se lengte met geboorte was 48 cm, sien ek het dit nie ingesit nie.

Tot later, hopelik.

O ja, hier is toe die duvetjie wat ek nog klaar gemaak het. (Elaine se post het my laat onthou ek het nooit die klaar duvetjie gepost nie.)
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #129136 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo!

Carmen, nee wat, jy het niks gemis gister nie. Dit was baie stil hier en Claudia het nog nie haar verskyning gemaak nie.

Elise, ek het nogal gewonder oor die inspuiting en borsvoed. Dit was vir my snaaks dat jou dokter dit voorgestel het. Drink maar daai pilletjie, mens moet so bietjie alleen tyd saam met jou baba he voor die volgende een kom. Geniet jou foto shoot!

Gerne, dit klink of dit goed gaan met jou. Ek glo jou van die afhanklik wees, dis erg. Ek het met Stefan sommer na 4 dae al gaan shop, net om uit die huis te kom. Maar ek is nie seker hoe vinnig jy dit kan vat na 'n keiser nie. Onthou dit voel dalk al ok, maar dit beteken nie die wond is gesond binne nie. Hou maar so 3 weke uit soos Elise se.

Ek dink ek gaan nou nou bietjie winkel toe. Ons het niks meer koeldrank in die huis nie en die eiers is ook op. Maar ek wil nie te ver van die huis af gaan nie, eks bietjie nervous oor die 4 cm... net nou breek my water terwyl ek in die verkeer sit.

Lekker daggie almal, hoop dit gaan goed met al die mammas!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #129030 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
ek moet vandag my pil begin drink so ja sal maar sien hoe dit werk maar sy se sodra ek ophou met borsvoed met ek vir die inspuiting gaan want die mini pil is nie sterk genoeg op sy eie nie

gerne ek het al op 3weke bestuur jy sal weet as jy reg is om dir weer aan te durf sodra die pleister af is en die sny nie meer seer is nie is dit reg moet net nie vir jou gyni se jy het vroeg begin bestuur nie

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #129024 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
More

Elise jy staan nou op en ek gaan nou inkruip :)
Geniet die shoot ek glo die fotos gaan pragtig lyk. Ek is ook op die minipil, het hom nog nie begin gebruik nie.

H word nou elke oggend half 5 saam R wakker. Dis nogal moeilik om hom te entertain so vroeg in die oggend, te bvoed en probeer dat pappa bietjie stilte het. Ek glo darem H sal gou gewoond raak aan R se roetine en dan nie meer so vroeg opstaan nie.

My man kon ongelukkig nie die week by die huis gebly het nie :(, maar gelukkig is hy lekker 4weke af oor Des!

Julle wanneer kan ek weer bestuur? Ek kan nie so afhanklik wees van ander mense om my rond te ry nie

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #129023 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Anina, enige nuus, ek was nie gister nie op Moomie nie, maar dit lyk nie of ek iets gemis het nie!!


Elise, geniet die shoot, kannie wag vir al die foto's nie!!

Wel madam het my bietjie besig ghou gisteraand. Sy het 12 uur 'n bottel gedrink, toe wors y weer wakker 2 uur. Ok, gee toe vir har en daar kots sy alles uit! Te lekker!! Sy slaap toe nie regtig tot 4 uur nie.....en het vanoggend 7 uur weer gedrink, so ek het nie moerse baie geslaap nie, maar ag dis ok :)

Ek hoop ook om einde van die week my newborn foto's te kry! :woohoo:

Ek moet nog gaan klere kry om aan te trek, ons het mos 'n troue aan Sat! En ek het net maternity goete wat pas :(

Ons slaap oor die aand, want dis ver, en Riley slaap bietjie oor by my mahulle. Maar hulle is reg vir die ding ;) Sy is darem nie moeilik nie!

Ok, julle loer later weer in!! B)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #129012 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
more julle

ek sien dit gaan darem goed met almal, julle was omtrent stil gister.

anina jipeeeeeeeeeeeeeee hoop daar is sommer gou gou vordering dat klein claudia haar verskyning kan maak en kla kry

ons moet gou 10h00 na daai vrou van die fotos gaan om s se aparte fotos te neem maar sy wil dit in haar studio doen so ek moet haar nou nou weer dress sy gaan ook sommer vir my hand en voet fotos doen jipeeeeeeeeeeeeee ek kan nie wag om die fotos te kry nie

ag julle toe het die rooi kar eventually op gedaag en ek het al vergeet hoe aaklig dit is maar ek was gister apteek toe en hulle kan my nie die inspuiting gee nie se dit gaan my melk op droog toe het die suster vir my die mini pil gegee sy se dit kan ook maar dat die menestruasie weg bly so ek moenie skrik en dink ek is weer swanger nie

ek is nog lekker lui vanoggend maar ek moet gou n bondel was goed was voor ek ry hopelik reen dit nie weer nie maar dit lyk asof dit alweer toe trek hier so ek het nie veel hoop nie

wel my bondeltjie word wakker so ek gaan later weer gesels

groete vir al die mammies en babas en ons ander amper mammie lekker daggie julle

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #128978 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle, dis stil hier vandag ne!

Gerne, eks bly jy voel beter, en ja, die 3rd day blues is real. En as jy nie na jouself kyk en staat maak op die hulp wat jy het nie, kan dit maklik aanhou vir 'n paar dae of selfs oorgaan in pnd. Maar dit klink darem of jy dit goed hanteer. Sterkte, en kom moan maar as jy wil, ons luister graag.

Ek is 4 cm ontsluit!!! Lees maar die volle update op die ander thread, ek sien nie kans daarvoor om alles weer te tik nie. Maar dokter se hy dink dinge gaan binnekort gebeur en as dit nie gebeur nie het hy 'n induksie geboek vir vlg week Dinsdag. So ek het 'n week oor op die meeste. Ek dink egter nie ek sal daar uitkom nie, hierdie baarmoeder raak nou lekker tense so ek dink dit gaan voor Vrydag gebeur. Ek het mos so 'n rukkie terug gese ek stel my sites op 10 tot 15 Nov, more is 10 Nov, so miskien was ek reg.

My niggie is sommer vanoggend al ontslaan. Haar baba is gister middag half 5 gebore en hulle het haar vanoggend voor 12 laat gaan. Maar sy wou dit so he, sy haat 'n hospitaal en mense wat karring. Ek sal weer die 2de nag met liefde vat dan kan al my maters in die hospitaal kom kuier waar ek nie vir hulle tee en koekies hoef aan te dra nie. Bygese meeste van my maats is in Pta, so dit maak dit ook vir hulle makliker om daar te kom kuier eerder as om na ons toe te ry.

Oe, daar is nou 'n ligte kontraksie!!! Ek dink ek gaan vroeg slaap om te verseker ek is rustig en uitgerus as dinge dalk begin gebeur.

Lekker aand!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account