Hi julle, skuus ek is so stil, maar ek is mos op vakansie... so ek probeer 'n laaste paar kuiers kuier voor baba kom. Almal wil my net nog met 'n pensie sien vir 'n laaste keer...
Petro, eks bly dit gaan goed met Xander! Hou maar aan met die borsvoed as jy kan, jou melk sal nou enige tyd inkom. Dis blykbaar soms bietjie stadiger as jy 'n keiser gehad het. Sterkte, ek hoop jy kry darem bietjie geslaap! Onthou, 'n baba het 'n mamma meer nodig as 'n bors.
Elise bel sommer dadelik 'n La leche league sister. Hulle kom partykeer sommer na jou huis toe om te help en dis gratis. Hier is die website vir LLL SA:
www.llli.org/SouthAfrica.html en hier is die nommers van die mense in Roodepoort: Ena (011)476-3439
Laura 0833012826
Sterkte!! Hoop jy kom gou reg.
Gerne, ek het ook colostrum, hope daarvan!

Ek hoop dit beteken dis nou naby!
Ek het so 'n gevoel dat hierdie 'n opwindende naweek gaan wees. Ek is nou reg vir die ding!
Janine, ek kan nie glo jy is nog hier nie, se vir daai sussietjie sy moet nou uit jong. Ek sou al moedeloos gewees het. Sterkte en hoop dit is nou regtig bietjie jou beurt.
Laat ek nou heel laaste by Carmen uitkom, ek bid vir jou girl! Geniet daai dogtertjie en laat weet ons hoe alles gegaan het hoor.
Lekker dag en naweek almal!