file Oktober mammies 2010

15 years 11 months ago #121718 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Wow Carmen, hier is jy sommer al aan die chat, ure na Riley se geboorte! Ek kan sien die realiteit het nog nie ingeskop nie. Geniet elke oomblik!!! Daai dogtertjie van jou is pragtig, ek het na jou fb fotos ook gekyk. Julle is obviously trotse ouers wat so vinnig al so baie fotos neem en oplaai!

Gerne, jammer om te hoor jou seuntjie sit nog lekker. My maag het nou nou so gewerk, ek het begin wonder of ek iewers kasterolie ingekry het. Ek hoop regtig dis 'n teken van iets opwindend en nie 'n virus nie. My maag voel al deurmekaar vir 'n paar dae, maar ek voel nie siek nie. So ek hou duimvas dat dit nie 'n virus is nie...

My seuntjie is so moeilik vannaand, hy wil glad nie slaap nie. Ek wonder of hy iets weet wat ons nie weet nie.

Janine, sterkte vir die naweek, hoop dis nou bietjie jou beurt.

Sjoe, dit was 'n opwindende week ne, is dit nou 4 babas in een week. Kom Janine, maak dit 5!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121701 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle! Le nou hier in my hospitaalbed! Alles het baie goed gegaan!! Dit was verstommend vinnig!! Die Spinaal is die weirdtse gevoel onder die son, asof jou lyf nie jou eie is nie! Riley het haar eerste bottel gekry, maar alles voel nog bietjie unreal vir my?? Ek dink nie die realiteit het al heeltemal ingesink nie! Ekke sal bietjie nog foto's stuur bietjie later xxxxx Sy is 3.18kg en 50 cm lank! Dis mos wat ek nou die aand gedroom het, onthou julle? Ok lekker aandjie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121693 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Ag vrek weet ek het die hele dag gesukkel met die net, nou is ek maar in op my foon. Gaan nou nou vir vodacom bel en hulle n piece of my mind gee. Wat help dit ek koop n bundle maar ek moet duisende spandeer aan haar afsprake omdat ek my hare uit my kop uit trek ;)

Sal later personals doen!

Janine askies jy wil dit seker nie hoor nie maar ekt lekker gelag vir jou bostik girl :) dit klink eintlik oulik :) ag jong moet j nie steur aan skoonfam nie!

Anina ek hoop maar daar is opwinding vir j en janine want hier by my gaan niks gebeur nie

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago - 15 years 11 months ago #121633 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
riley


Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121624 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Geluk Carmen!!!!!!!!!!

Ek kry NIEMAND om my naels te doen nie! Niemand hier rond doen gel nie, en as hulle doen is hulle reeds vol vir vandag of wil my sommer R70 vra net om die simpel UV shield af te soak en dan R300 vir gel naels. Dis verregaande!!!

Toe gaan koop ek 'n bottel acetone, en french naellak en nou gaan ek dit self doen vir onder R130!

Maar kyk, ek het geloop, en geloop en geloop. 3 groot sentrums deur om nael plekke te soek. So as Claudia nie vannaand kom nie, werk loop nie. Ek is nou sommer geirriteerd. Ek sal moet vinnig maak want dis nou al 2:20 en my foto girl kom 3 uur na my toe.

Janine, se vir jou skoonfamilie hulle kleinkind het bostik op haar ass sodat sy mooi agter die boeke gaan sit eendag en baie slim gaan wees. Slimmer as mense wat due dates uitdink! In ons hypno klasse praat ons van die due maand, want 'n datum is tog net 'n skatting. Sterkte!

Ralmarie, lekker om van jou te hoor, en dis goed om te weet jy kan ook nog iets leer, dan voel ons ander nie heeltemal soos leke nie... Sterkte met daai mannetjie wat so baie drink. Probeer maar uitmelk met 'n warm lap op jou bors, het jy darem 'n oordentlike borspomp? En die saam slaap is mos ok, hulle se babas vorm eers permanente slaap patrone teen 6 maande, so dis nog nie bederf nie, en mamma MOET slaap om melk te maak.

Lekker dag almal, kom ons hou duim vas dat daar nog 'n babatjie kom die naweek!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121623 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
Ons is ontslaan !!!!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121602 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
baie geluk carmen

het nou net carmen se sms gekry riley weeg 3.18kg ag sweet ek kan nie wag vir die foto nie

nou is samantha darem nie meer die enigste rosie onder die dorings nie

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account