Julle ek kom net gou baai se en se almal moet 'n lekker naweek he.
Sarah - enjoy what could be your last day with baby in your tummy! please let us know if anything happens.
Anina - jy ook.
Annalize, henko is lekker berywig en met die nuwe klein labrador in die huis is hy permanent vol krap merke

Maar hy bly my engel kind.
Helene, jou woorde is so reg met die voeding. ek het depressie gekry nadat ek opgehou het omdat almal my aangevat het daaroor. Dit is hartseer want mens wil dit graag doen maar as jy nie kan nie - is dit nou maar so. Ek gaan my bes probeer maar NIE myself verloor net om te borsvoed nie.
Ek het eers vir henko op 8 mnde na sy eie kamer geskuif - na sy eerste winter.
Helene, henko slaap in sy eie bed. Ek wou hom nie skuif na sy kot toe nie want ek wou hom nog baba hou (en ek het gehoor van hoe maklik hulle na jou bed toe kan loop in die middel van die nag

). Toe ek een Saterdag by die huis kom hardloop hy die aand en spring op sy stoeltjie en spring op die bed en le kierts reguit. dit was vir my so cute, hom gevra wil hy daar slaap en hy het net gele. so van daar af slaap hy in sy eie bed. Hy kom so ten minste 2keer 'n week na ons in die nag maar dan vat ons hom terug, gelukkig slaap hy net verder en is dit nie skreeu sake nie.
Ons het hom vanoggend nogal in sy ou kot gesit wat mooi regstaan vir Ruben, hy het so huge gelyk in die kot en hy het dit vreeslik snaaks gevind
Anyway, genoeg van my kant af, lekker naweek, sal heeltyd inloer.
toedels girlies.