file Oktober mammies 2010

16 years 6 days ago #117839 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
:silly: Hi almal, dit gaan beter met my en M. Ek het besluit om borsvoed te stop want M bly honger en slaap glad nie. Gevolglik slaap ek ook nie. Ek was ñ wandelende lyk en my man het so met my baklei oor ek myself verwaarloos. Borsvoed is vir my die ultimate en ek het my oe uitgehuil maar besef dat ek ter wille van M nie so kan aangaan nie. Nou is hy ñ gelukkige tevrede baba met ñ vol magie wat nie meer heeldag huil nie. Hy huil net as hy honger is, slaap goed, drink goed en het vrede met die wereld. Mamma is gelukkig en geniet haar baba gate uit. Ek lag actually weer. Ek wou so graag tot ñ jaar borsvoed, maar dis nie almal beskore nie. Genoeg van my. Dit lyk of dit met almal goed gaan. Sterkte vir ak die pregmant fairies vir die laaste rukkie! Pas julle op! Ek chat weer later.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 days ago #117773 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
HI JULLE

hoop dit gaan goed met almal

helene geniet daar pedi ek wens ek kan iemand kry om myne ook by die huis te kom doen dit klink hemels. hoop sit gaan goed met jou en s

wel ek hoop julle almal se babas kom asap sodat julle kan beter voel shame maar julle is amper daar net nog bietjie vasbyt dit is om die draai

ek het nog nie die bier gaan koop nie ek kan nie by die flippen winkel kom nie dit is so frustrating maar nou ja ek dink die elixir en die brewers yeast werk baie goed ek het haar gister net geborsvoed ek dink sy het net gister aand bottel gedrink voor sy gaan slaap het en ook nie die hele bottel nie en sy is nog vandag ook net op die bors so christa maak plan en kry brewers yeast pille by die apteek van vital dit wil lyk of dit my gehelp het maar ek wil ook nie te gou bly raak nie

ek is al besig om kos te maak want in die middag as ek wil kos maak dan wil madam eet dan kry ek nie kla met die kos voor manlief kom nie en as hy hier is bad ons haar dan bad ons en dan eet ons so teen daai tyd moet die kos klaar wees want dan is dit nou familie tyd

sy gaan seker nou enige oomblik wakker word sy slaap al van 9uur af so ek kon darem gou n paar goedjies doen en ek het darem al so 3 koppies tee in en 500ml water so die melk behoort weer te vloei nou nou ek kan nou al voel my borste klop van volheid ek hoop net dit hou so aan die borsvoeding is regtig baie lekker en ek wil dit nie nou los nie.

hoop dit gaan goed met al die mammies en hulle babas

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 days ago #117757 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal

My pa het vir 2 aande hier gekuier. Dit was lekker. Sien hom maar min, hy bly in Potgietersrus so di 'n entjie weg.

Ag julle ek kan sommer nie meer wag vir julle babatjies en fotos nie. Julle beter nou rigting kry en daai babies uit kry. Dis soooo lekker.

Ek gaan nie personal replies vandag doen nie, so hoop dit gaan goed met almal.

En hoop dit gaan goed met al die mammas ook.

Lekker dag, dis so lekker met die weer wat bietjie bewolk is.

Toedels

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 days ago #117750 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Helene, dit klink so lekker! Ek sal dit verseker ook doen vir R60!!! En good for you om as nuwe mamma jouself so mooi op te pas. Ek dink dit is so nodig om mens te bly en goed oor jouself te voel. Dit help defnitief om pnd te bekamp.

Ja Carmen hou maar dop, hulle volg nie altyd ons planne nie.

Ek het lekker grootbek beplan dat die dogtertjie vroeg gaan kom, maar as ek vir myself kyk, sien ek duidelik dat sy nog nie oppad is nie.

Ek het more afgevat en gaan 10 uur my hare laat doen en dan more middag vir 'n wax en manicure en pedicure. Kan nie wag nie, hierdie beenhare van my is al so lank as ek my bene kon bykom sou ek pienk strikkies kon insit!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 days ago #117736 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi almal

Shoe Helene, hoe lekker word jy nou bederf, lucky ding!!! Jy verdien dit. Hoe gaan dit met klein S?

Al die ander mammas, hoe gaan dit met die kleingoed? Elise is jou melk al beter? het jy die bier soos 'n man gedown :)

Anina, hoop jou lang dag gaan gou verby.

Petro, rus bietjie vandag anders gaan jy te pootuit word.

Carmen, hoe lekker klink daai breakfast nou!!! Ek is honger LOL

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 days ago #117715 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle. soos ek nou hier sit en tik kry ek n heerlike pedikeur. ek het n vroutjie gekry wat na jou huis toe kom en sy vra maar net R60. dis unbelievable!!! ek gaan haar def meer gereeld gebruik!!

ai julle ek hoop so almal se babas kom nou dat julle almal kan beter voel. Dan is al die swanger skete vergete!! ek is so bly ek is nie meer swanger nie!

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 days ago #117690 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek sal die dinge maar dophou, maar tog het gynae gese, haar koppie is onder, maar is nie vreeslik laag nie....ag wat, ekke gaan maar wait & see, maar ek dink sy gaan volgens die beplanning werk...nes haar ma :laugh: ;)

Hehem but u never know...dalk kom sy op my bday!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account