file Oktober mammies 2010

16 years 5 days ago #117943 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Christa, ek is bly dit gaan nou beter....baie mense het al vir my gese dat dit nie die moeite werd is om aan te hou met 'n ding (borsvoed) as dit net nie werk nie...my een vriendin wou ook vreeslik graag lank borsvoed, maar na 'n week het een bors heeltemal opgedroog en dit was net logies dat dit nie gaan werk nie :(

Maar nou is M 'n happy chappy op sy bottel, ne? En dis al wat saak maak!

Elise, jy het nou die dag gevra of ek nie dalk kan probeer borsvoed nie...jong, ek kan heel waarskynlik, die kans is altyd daar...met 'n borsreduksie kan hulle juis nie se of jy gaan kan of nie...MAAR die gynae's sien baie probleempies met dit, waar daar onnodige blokkasies en dinge gebeur agv die feit dat hulle baie van die melkbuise wegsby met 'n reduksie, en dis hoekom sy eerder aanbeveel dat ek van die begin af maar eerder nie daai roete gaan nie...so dis maar 'n keuse wat ek ongelukkig vooraf moet maak.

Maar 'n bottelbaba kan ook 'n baie happy gesonde baba wees, glo ek :)

Janine en Annalize, julle tye is net so naby!! :woohoo:

Helene, dis regtig 'n BARGAIN vir 'n pedi! Wow :woohoo:

Anina, njoy jou wax, pedi en mani!

Ek gaan volgende week vir 'n bikini wax, nee kyk mense dit gaan rof daaronder, daar moet ernstig gesnoei word :blush:

Ok, loer later weer in!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 days ago #117918 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo da!

Dankie vir die foto van Mare Elise, te pragtig Christa! Bly dit gaan soveel beter, ek stem saam met Ralmarie, doen wat vir jou die beste werk.

Annalize, ek sien ons tel so saam-saam die daggies af, ek's op 10 daggies van EDD af. Wanneer sien jy weer jou midwife? Ek't môre weer afspraak, laasweek het sy omtrent oortuig geklink Ilse kom laasnaweek en nou's ons al 'n week verder, maar soos Gerne sê "dis 'n waiting game" :)

Jy klink heel georganize Helene, R60 vir 'n pedi by die huis is wraggies 'n bargain!! Hoop jy't dit ten volle geniet!

Lekker middag vir julle almal verder!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 days ago - 16 years 5 days ago #117884 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
christa se mare



Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 days ago #117880 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re: Oktober mammies 2010
christa, baie bly dat jy beter voel. gianluca het ook elke uur op die uur aan my gedrink en dit vat baie van 'n mens af. ek het ook net vir 'n kort rukkie uitgehou en stem saam dat dit nie vir almal is nie.

geniet daardie pragtige seuntjie van jou en sit asseblief vir ons nog 'n fototjie op.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 days ago #117866 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re: Oktober mammies 2010
christa, baie bly dat jy beter voel. gianluca het ook elke uur op die uur aan my gedrink en dit vat baie van 'n mens af. ek het ook net vir 'n kort rukkie uitgehou en stem saam dat dit nie vir almal is nie.

geniet daardie pragtige seuntjie van jou en sit asseblief vir ons nog 'n fototjie op.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 days ago #117865 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi Christa, bly om te hoor dit gaan weer goed. Bly M drink nou goed aan sy bottel. Onthou elkeen moet doen wat vir hul die beste werk. Partykeer wil ons graag iets doen, maar dis net nie die regte opsie op daardie stadium nie. Jy is lief vir hom en dis al wat tel.
Geniet hom!! :woohoo: :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 days ago #117842 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re: Oktober mammies 2010
middag almal, wel my dinge is uiteindelik in plek. my tas en baba se tas is gepak met alles wat ons dalk mag nodig he. die mediese fonds eise is amper almal in en wag ek nog net vir een van die gynie af.

ons het baie doeke, wipes, creams ens ens vir die twee kleingoed en nou kan my siel rus.

helene, geniet die bederf en dink gerus aan ons wat nog wag vir ons bondeltjies liefde. my hormone is lekker deurmekaar en vrek ek omtrent van die sooibrand. het sommer nou nou vir my 'n groooot bottel gaviscon en van daardie klein pakkies gaviscon vir die handsak gaan koop. hoop net dit hou tot baba hier is, want dit is darem maar baie duur.

elise, jy klink soos ek toe gianluca gebore is. kan net nie genoeg van hom kry nie. ek onthou hoe ek en my man aan beide kante van daardie klein lyfie gesit en wag het dat hy moet wakker word. geniet elke oomblik, want hulle word ontsettend gou groot.

advies vir nuwe mammas van my af. bederf so veel soos julle wil - ek praat nou van drukkies, soentjies en liefde in alle maniere - my seuntjie is amper 17 maande oud en begin my wegstoot as ek hom bietjie wil "vry". so geniet dit terwyl julle kan.

lekker dag almal, praat weer later.

hou ons asseblief of hoogte as julle in kraam gaan. my senuwees is omtrent gedaan.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account