file Oktober mammies 2010

16 years 1 week ago #117105 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo girls!! ek sit vanoggend weereens hier met baie dankbaarheid in my hart. Seuntjie slaap en drink soos n droom. En het ek vir julle gese, lance het so week voor die geboorte ook begin deurslaap. Ons deel mos almal n bed. Baba slaap in wiegie aan my kant, manlief inni middel en lance op ander kant, met tralies op dat hy nie af val nie. Dis my fav tyd van die dag, as ek in die bed klim en al3 my manne le en slaap te lekker!!

Elise, ek glo dat dummies baie belangrik is vir baba. Dit stimuleer die suig reflex en laat hulle veilig en rustig voel. Jy kan dit ook in Gripe water druk of n druppeltjie telement drops daarop sit. Probeer tot jy een kry waarvan sy hou. Watter dummie gebruik jy, dalk hou sy nie van die dummy nie. My een vriendin se baba drink NET daai cheap geel rubber dummies. (hulle kos R20) moeite werd om dit ook te probeer.

Sarah, good luck for your last days. hope baby arrives by the end of week!!!

Anina, jy moet nou nog eet suster, terwyl jy nog verskoning het. Moenie worry nie, jou leeuwyf-hormone sal na die geboorte verander in sagte moeder liefde!!! Shame my man het net so deurgeloop voor die geboorte! :blink:

Die bier en chocolates.... ek weet darem nie. Toe ek my dr vra, het sy net gese ek moet versigtig wees vir Choclates. Die Cacao kan blykbaar winde en krampe gee. Ek eet maar wit choc as ek lus raak. En hulle het nou vir my in die HOSPITAAL gese Champainge is goed, veral om jou borste sag te maak. N glasie champainge n dag!! mmmm klink belowend.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #117099 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Askies man, ek het skoon vergeet eintlik van dit. Nee dit kan niks aan baba doen nie. Ek het reeds gister met paar mammas gechat want ek wou weet oor die melk-toets-stokkies wat mens koop om te toets of daar alkohol in jou melk is toe se hulle, een of twee glase wyn / bier/ of cider kan niks maak nie.

So down sommer die bier net nadat jy haar gevoed het en teen die tyd wat sy weer moet drink sal die alkohol haar niks maak nie.

Ek sal se drink nou 2 'n dag as jy kan om net vinnig te help met die melk.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #117081 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek sou die chocolates uitlos, ek het met Stefan een dag 'n slab geeet, en dit was 'n nagmerrie. Hy het regtig erg krampe gekry van al die suiker. Vir jou eie sanity, skip die chokkies.

Koffie maak ook nie vir my sin nie, want dit behoort mens te dehidreer, wat sal maak dat jou melk minder is. Ek het omtrent 2 koppies 'n dag gedrink, want ek kan nie sonder my boeretrosie nie...

Die berry elixer en milk stout is jou beste bets. Alby is wetenskaplik bewys...

En dan jou dieet, eet gesond en genoeg koolhidrate, sodat jy ryker melk produseer. Jy moet ten minste 3 ekstra porsies koolhidrate per dag inkry. So koop 'n pakkie koekies...

Jy kan ook probeer verseker dat S die agtermelk inkry. As baba begin drink is die eerste melk redelik flou. Laat haar drink tot jou bors HEELTEMAL leeg is, daai laaste melk is baie dikker en meer voedsaam as die eerstes. So al kan sy dan nie altwee borste leeg suig nie, dan gee jy vlg keer eers die ander bors. Solank sy een bors elke keer heeltemal leeg suig.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #117080 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
gerne jy moes my vroer gese het jong dit kan my en christa dalk help sodat ons nie die borsvoeding hoef op te gee nie. weet jy wat nie vir my sin maak nie is die feit dat jy chocolates eet en coke drink deur jou swangerskap en dit niks aan baba doen nie hoekom sal dit nou iets aan hulle doen of is ek nou net dom? H het niks oor gekom nie so dit kan nie veel skade doen om te probeer nie?

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #117074 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Elise, ek weet def van Milk Stout. Dit is baie goed vir die melk produksie en kan self voor die tyd gedrink word. Dis nie baie lekker nie maar baie goed. Ek het dit met H gedrink.

Chocolates het my skoonma vir my gese, en coke ook. Maar die laaste ruk het ek gehoor dis 'n taboe. so ek is nie seker daaroor nie.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #117066 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
julle een vanmy manse vriend by die werk se gister vir hom ekmoer bier drink en chocolateseet vir my melk dit werk baie goed toe hy dit vir my se het ek vir hom gelag ek gaan soek nou bietjie op die interrnet vir raad sowaar beveel hulle dit aan maar ekis te bang om dit te probeer en hulle se koffie help ook baie jy moetnet nie meer as 4 koppies n dag drink nie?

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #117064 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Probeer dit Elise, net nie te veel nie, dis redelik dik so hulle kan verstik daaraan. Ek sit eers net so 'n bietjie op die punt van die dummy. My sussie se altyd, as baba nie van 'n dummy hou nie is dit omdat jy nie die dummy genoeg indruk / inhou nie... Sy is obviously 'n nie 'n groot voorstaander van dummies! Ek voel weer as baba dit nie like nie en jy kan sonder dit oor die weg kom, cool. Maar ek weet dit was defnitief 'n groot saving grace met Stefan. Hy was een aan heel aand wakker en Johan en glyserien het vinnig maatjies geword daai aand...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account