Nou ja, hier is die kort weergawe van die geboorte.
Soos jul weet het ek Woensdag in die oggendure gedink dis tyd. Toe ek 6 uur gaan bad is al die pyne toe nou weg. So los ek dit maar en later die oggend toe ek gaan pie-pie toe het ek bloed afgevee. Weet toe nie wat nou nie en bel my gynie - net om te hoor hy is nog op verlof en moes toe ander gynie bel wat se ek moet dadelik inkom.
Hy bevind toe dat ek reeds 5cm ontsluit is. Dis nou sonder enige pyne op daai stadium. Dit was so 11:30. Hy se toe ek gaan nou hospitaal toe en as daar teen 13:30 nog niks is nie breek hul my water. Intussen moet ek stap want boeta sit toe nog hoog. 3/5.
Nodeloos om te se 13:30 nog geen pyne nie en geen vordering nie. Hul breek toe my water en toe kom daar seker net 2 teelepeltjies water uit. Steeds geen pyne nie.
(Op daai stadium dink hul toe sy koppie is bietjie kant toe gedraai of iets en sukkel om deur te kom en keer dievrugwater.)
Toe spuit hul iets iin die drip om my kontraksies te gee. Wat toe gelukkig begin werk. Ek dink soos ek op en af die bed was en geloop het en op birth ball gespring het - of dalk net die baie bid- het hy bietjie begin sy koppie draai, want daar het so elke nou en dan vrugwater begin lek.
Sy koppie het egter hogerig gebly alhoewel ek meer ontsluit het. En ongelukkig sterker kontraksies gekry het.

Toe op 'n stadium hoor ek iets behoorlik pop se en voel vrugwater uitloop. (Hul dink dis toe hy nou mooi reg draai) Toes dit nie lank nie, so 2 drukke en hy is uit. Jippieee.
Soos jul weet het Andre 3,255kg geweeg en is 16:05 gebore.
Sy koppie is nog lekker geswel en skedel bietjie oorvleul nog, maar dit kom mos maar reg so met tyd en normale geboortes.
Dis my storie.
Jammer as almal dalk nie sms'e gekry het nie. Van my ander vriende se hul het nie sms gekry nie. Ek weet nie wat ek verkeerd gedoen het nie, maar het tog almal bygevoeg. Ek word nou oud vir tegnologie lyk dit my. Ha-ha-ha
Lekker aand vir almal.