file Oktober mammies 2010

16 years 3 weeks ago #112223 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Shame Gerne, ek kan partykeer nie verstaan hoekom mans so slefsugtig kan wees nie. Henko gaan niks oorkom om eend aand weg te wees nie...ag laat ek nie eerder begin om oor mans te praat nie, myne maak my so bietjie baie die donner in deesdae, hy kuier deesade soos in die ou dae asof daar geen worries is nie, maar ons het baba oppad en ek dink nie hy besef enigsins die verandering in lewenstyl nie???Ek weet hy is vreeslik opgewonde en sal 'n great pa wees, maar die verantwoordelikheid is nog nie heeltemal daar nie... :( Ek dink miskien hy dink dit gaan soos popspeel wees??

Anina, ek het weer seker 15 komberse gekry, maar wragtag nie 1 receiving blanket nie :laugh: Sal net so paar gaan koop nog!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #112202 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Toemaar julle, dis heeltemal normaal om so te voel. Ek het met stefan ook 'n week voor hy gebore is vir my man gevra of hy regtig besef ons gaan 'n baba he!

Ek kan ook nie glo ons kry NOG 'n baba nie. Ek het gisteraand uiteindelik Claudia se hospitaal tassie gepak en dit het so onwerklik gevoel om goed reg te kry vir 'n pasgebore baba.

My tas is so half gepak, ek het nog 'n paar goed nodig en Claudia het nog kombersies, glyserien en dummies nodig. Ek het die dummies maar ek het dit nog nie gesteriliseer nie...

Ek het my bediende al laas week gevra om alles uit te spoel vir Claudia, en elke dag as sy inkom en sien die goedjies le nog net so op die bed lag sy lekker vir my! Nou is dit darem uiteindelik in die tas!!!

Kan julle glo ek het op my babatee net EEN kombersie gekry! Gewoonlik is dit al wat mense koop. Ek het so baie kombersies gekry met Stefan maar dis alles BLOU. Ek en my ma gaan nou maar more sit en kombersies maak... Dit werk inelkgeval beter uit, want my ma se bersies is die beste!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #112197 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle.

ag ek is net so lekker depro, wou so graag gehad het Henko moet vanaand by ouma slaap maar my man wil niks weet nie, en sy bly soo 5 blokke van ons af. :dry: Ek is moeg en ek het net so klein bietjie 'n gap nodig. hy werk more dan moet ek 7uur op en buite gaan speel, ek weet dis verkeerd om te kla, dis my kind en ek doen dit met liefde, ek wil net klein bietjie rus :)
My voete het gister so geswel, lyk of my enkels 2 tennis balle ingesluk het aan elke kant :)

Anyway, sorry vir die moan.

Anina, dit is so effed up hoor. mens doen nie so iets nie. maar nou ja, so kry mens maar met mense in die lewe te doen. ongelukkig sal sulke goed seker gebeur. Bly jy voel nou beter.

JA Janine, dankie vir die oulike reminder! Ek is seker ons almal is nog bietjie meer opgewonde oor die wonderlike exciting maand wat vir ons almal voorle!!!
Weet jy, ek het nou al gesoek en gesoek vanoggend, ek het gaan kyk op die bladsy wat jy gese het (dit was 258 of 285) ek het by die honderds gaan kyk en by die onder die honderds maar ek sien nie daai post nie. ek is of blond of net stupid.

Geniet die laaste dag girlies wat laaste dag werk :P Julle lucky beechies ! :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #112187 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Bly jy voel beter Anina!

Melody, jip, ek glo ook nie ek sal lus wees vir die reunie nie...

Dis alles maar vir ook nog bietjie unreal? My brein het nog nie heeltemal die besef gemaak dat hier 'n babatjie uit my maag gaan kom nie...dis weird, maar ek sal seker heeltemal anders voel as die baba eers gebore is!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #112168 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Glad you are feeling better : :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #112163 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie julle! Die kinders het my ook nou alweer vies gemaak by die skool, maar gelukkig kan ek nie lank vir hulle kwaad bly nie en hulle antics laat my nou sommer beter voel.

Kinders het 'n amazing vermoee om jou teen die muur uit te dryf die een oomblik en jou op die grond te laat rond rol van skaterlag die volgende!!

En dis Vrydag!!! So ek voel beter!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #112161 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen,Shoe, dis nou regtig nie die tyd vir n skool reunie, dink nie ek sou wou gaan ook nie, ek stem ook al lankal nie lus vir enige groot onthale of gedoentes nie, verkies maar om rustig te verkeer en selfs vroeg by die huis te wees. Sal maar moet sien hoe jy voel op die dag,want as jy enigsins voel hoe ek voel is party dae net mooi makliker as ander. Party dae voel ek steeds nie eers swanger (Behalwe vir die groot pens en additioneule gewig) en ander dae is dit net mooi te veel om te hanteer, jy's moeg, jy's lam en seer.

Shoe julle ek kan amper nie glo my tyd is so naby nie, om eerlik te wees voel dit steeds nie vir my real nie....is dit vreemd of voel julle ook so. Ek hoop dit verander as hulle haar in my arms sit. Ekl dink ek was amper maar net te besig die laaste paar maande vir dit als om in te skop. Suppose ek gaan baie vinnig uit vind.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account