file Oktober mammies 2010

16 years 2 weeks ago #112455 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Ekke is darem nou op velof, so ekke gaan dit volgende week rustig vat!!

Ok, ek het die lysie aangepas, want Helen gaan nou Dins in:

So Helene en Melody gaan albei hul baba's Dinsdag he!
20/09 Elise – Samantha Keiser & Borsvoed
22/09 Christa - Maré Keiser & Borsvoed
29/09 Ralmarie - Andre Normaal & Borsvoed
05/10 Melody – Kayla Keiser & Borsvoed
05/10 Helene - Stefan Keiser & Borsvoed
06/10 Nelita – Keiser & Borsvoed
16/10 Sarah - Girl Natural & Breastfeeding
20/10 Petro - Xander Keiser & Borvoed
22/10 Carmen - Riley Keiser & Bottel
23/10 Annalize - Giovanni Normaal & Borsvoed
24/10 Lily - Ilse Normaal & Borsvoed
27/10 Gerne - Ruben Normaal/Epiduraal & Borsvoed
05/11 Anina - Claudia Normaal & Borsvoed

Anina, genade maar jou man is besig! Street luge, dis nie vir sissies nie...waar doen hulle dit in Pta??

Ekke het besige dag voor my, ons het 'n 1ste bday party vanoggend aan, en dan vanmiddag het ons 'n housewarming/engagement party aan by my swaer hulle.

Lekker daggie en loer later weer in B)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #112432 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Ai julle sal my nou nie glo nie, maar JEanne het nou een of ander kiem. Haar magies spuit en sy gooi vreeslik op. :S Shaim my ma het haar maar gevat vir die nag, want klein Andre kan nie nou aansteek nie. As sy so aanhou sal ons haar maar moet ongevalle toe vat. :(

Andre is nogsteeds 'n droom, kan jul glo hy is klaar op 3 uur voedings? Amper te goed om waar te wees, hoop hy hou so aan. :cheer:

Sarah hope she comes soon for you. Now just that terrible waiting period. :)

Helene, as my baba so mooi groot was het ek ook vir 'n keiser gegaan. :blink: Groot bek nou, maar ek bly bang vir 'n operasie. Geniet jou naweek en rus lekker uit. :silly:

Anina lekker naalwerk doen en kombersies maak. Hoop jou man kom in een stuk terug huis toe. ;)

Gerne ek moet nou net die fotos van die foon af kry. Of sommer net ander neem met die kammera.

Carmen, ja hy is 'n workaholic. Is juis nou weer weg werk toe. (Dis 22:10)

Christa, jy is baie bevoorreg om so man te he. Verder gaan dit goed hier. Die ergste trek van die steke lyk my is oor - hopelik - so more is dit weer volstoom voort. Alhoewel ek die keer besluit het die huis kan so week wag. Ek vat ook af. Hoop dit gaan nog goed daar. Sal bietjie een oggend na perdry gou kom loer hoe lyk Mare.

Elise en met jou? Moenie te veel werk met jou sny nie, rus bietjie en speel met M.

Petro is al jou maatskappy goed toe klaar en in? Nou kan jy dit seker ook bietjie rustiger vat.

Nou ja lyk my ek sal maar in die aande opvang, die dae gaan nou bietjie dol.

Lekker slapies almal.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #112414 by Sarah
Replied by Sarah on topic Re: Oktober mammies 2010
Saw the gynae today. He is happy with baby. She is not putting on much weight anymore. He says she will be a little baby! She put on weight like crazy a while ago but hasn't really grown much in the past 4 weeks.

Dr is away till after my due date so won't see him again till the 18th Oct if I've not gone into labour by then we'll talk about inductions etc. otherwise stand-by dr will be on call if I go into labour whilst he is away.


I'm just settling in to wait now :D

sarahashwell.weebly.com

Professional Nanny, Qualified Teacher, Post Natal Doula and Mommy (Oct 2010)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #112385 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle. oe, ek kom nie voor die rekenaar uit nie. ek weet regtig nie waar julle die tyd kry nie. Ek sien tot Ralmarie is alweer terug!!

Ek was vanmidd by die dr. Stefan weeg al 3.7kg!! Die dr sê sy is bly ons het op Dinsdag besluit, want my vrugwater begin ook minner word. Ek is nou 38 weke. Sy sny op 38weke5dae.

Ralmarie, ek het so vinnig terug gelees, en kon darem jou geboorte storie raaklees. Jy is werklik n baie gelukkige vrou! Ek is bly alles het so mooi afgeloop. Sterkte by die huis met al die ander kids ook. Jy is n SUPER MAMMA!

Ek gaan nou die naweek saam met my man en Lance geniet. Volgende week is my beurt hier. Julle sal maar onder mekaar moet sms en mail, ek weet sommer my smse gaan n probleem wees. ek is ook hopeloos met sulke goed.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #112370 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi, ek loer gou vir oulaas in voor die naweek begin!

Carmen, dit is maar 'n algemene ding met mans. Ek dink hulle panick ook so voor die geboorte en raak bang dat hulle kuier dae dalk nou vir altyd verby is, dan probeer hulle vooraf inhaal. My sussie se man en sy vriende groep het 'n aaklige tradisie, hulle vat die nuwe pappa uit die aand wat baba gebore is en dan kuier hulle GROOT. Want mamma en baba is mos inni hospitaal so hulle is cared for...

My sus se man was die dag na die geboorte van hul eerste kind so onkapabel hy het sommer in haar hospitaal bed geklim en toe moet sy op die stoel langs die bed sit heeldag. Sy was baie kwaad en reg om te skei! Maar gelukkig het die hele kuier ding toe bietjie einde gekry.

Ralmarie, eks bly Andre is so 'n soet baba! En ek is seker die kinders geniet hom ook baie. Het jy toe darem die perd en die koei gewen?

Christa, my man is ook uit die hemel! Dis awesome, hy drink wel, maar net as ons saam kan kuier. Vandat ek swanger is en nie self meer 'n glas wyn so af en toe drink nie, doen hy dit ook omtrent nooit nie. Maar ek hou hom so besig met baba goed regkry, hy het nie juis kans vir kuier nie. Hy het nouwel nie opgehou met al sy extreme sport nie, hy het my (wat altyd alles saam gedoen het) net vervang met my daredevil kleinboet. Maar ek het hom die dood voor die oe gesweer as hy nou iets breek.

Met Stefan se geboorte het hy 6 weke voor die geboorte sy voet gebreek en die ligamente af geskeur! Dit was 'n nagmerrie, en ek was erg kwaad vir hom, al was dit nou nie juis iets wat hy kon help nie.

Hy en my boetie gaan juis Sondag weer wille dinge aanvang op hulle street luges, dis sulke goed wat soos 'n skate board is maar jy le plat op jou rug en gly teen omtrent 80 km / h teen fort skanskop se heuwel af! Dis nou as hy eers sy rally Saterdag oorleef...

Ek het maar die rally karre en my overalls verruil vir kombersies en doeke maak saam met my ma Saterdag.

Lekker naweek julle!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #112367 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi Ralmarie & Christa. Ek is so bly dit gaan so goed by julle, en bly om julle weer so bietjie terug te he by ons.

Ja shame Ralmarie jy is seker weer dadelik terug in die ding in met al jou kiddies ne :)
En jou dogtertjies speel seker vreeslik lekker pop.

onthou nou net, babas verander so vinnig, ons soek gereeld fototjies ne!! asseblie ;)

Carmen, is jy al by die huis? ag jis jy moet so lekker vaycay he voor R kom.

Ek gaan nou eers groet, gaan vanmiddag gou laaste keer (met die geswelde voete en al) groceries koop met die pens! So wish me luck :)

Lekker aand almal en chat weer!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #112323 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ralmarie, ja nee, werk kan ook partykeer mens se lewe oorheers :( Ek kan my nie indink hoe besig jy moet wees en klein Andre en al 4 ander nie...dit wil gedoen wees :woohoo:

Christa, jy mag maar spog jong, niks fout daarmee nie B) ! Ag ek is bitterlik lief vir myne, ons is al 12 jaar saam, hy is 'n wonderlike mens met wonderlike eienskappe, maar die kuier ding is maar 'n ou haakplekkie vir ons :huh: Maar nou ja!

Gerne, het jou invite op my BB messenger!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account