file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #105573 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
ag lily dit pla my regtig nie in die minste nie ek geniet my swangerskap vreeslik en dit is amper verby so ek moet nou geniet terwyl ek kan en dan ook weet ek nie hoe gou dit weer gaan gebeur nie maar dit sal wel weer gebeur ek sal seker maak daarvan lol.

Julle ek dink ons kan bly wees ons het in die winter gedra hierdie dink ek gaan n redelike warm somer wees en dink net hoe voel daai vrouens se voete hier in die middel van desember as dit op sy warmste is nee dankie

My kombuis is nou skoon en die kos is op gaan sommer net lekker skaap tjops in die oond maak met mash en mielies my man lief skaap tjops baie as dit in n pepper sous gebak is

Gerne bly om te sien jy is nog met ons het ons nog nie verlaat nie hoop daai rug voel sommer gou beter se manlief moet hom vanaand bietjie vryf

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #105546 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Dan sal ek definitief by Dischem 'n draai moet maak.

Moenie sleg voel oor jou boepie nie Elise, inteendeel - wys dit trots! Solank baba mooi gesonde geboorte gewig het, worry ek oor niks anders nie. Ek's nog maar altyd klein, regte maergat, so dit sou wraggies vreemd gevoel het as ek nou skielik baie groot gedra het. My midwife sê nog iets wat verskil maak is die feit dat my bolyf lekker lank is, so daar's meer spasie bo en onder toe vir die boepie om uit te sit, so vorentoe lyk dit net kleiner. Dis glo ook hoekom kort vrouens baie keer lyk of hulle groot dra, daar's immers net spasie vorentoe om uit te sit...

Geniet al die pynappels dames, julle maak my nou ook lus! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #105543 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo almal

bly dit gaan goed en dat niemand nog babas gevang het nie ;)

Janine, wees bly mense onders-kat jou, ek word al lankal voor gese, min dae min dae, maar eintlik is daar nog te veel dae :blink:

Baby Boom verkoop ook maternity pads.

ek het vandag erg rugseer. dis maar die stoel by die werk, as ek terug sit op my stoel sukkel ek om by te kom by my keyboard en al my papiere :) en as ek vorentoe sit - want eintlik die gemakliker opsie is word my rug lam. ai jai jai :woohoo:

Skies ek is bietjie stil vandag, net besig. sal weer chat. toedels.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #105541 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
Ag dit is nie so erg nie ek het heeltyd klein gedra tot nou toe so dit is darem nie vir lank nie en dit is amper verby ek moet se ek het dit erger gepicture om swanger te wees met die manier waarop seker vrouens aan gaan en eintlik was dit vir my baie lekker ek moet se ek sal dit weer doen sonder om 2 keer te dink dit is verseker

Ek dink nie iemand is dr toe vandag nie ek gaan more jipeeeeeeeeeeeeee weer so 13h45 ek weet manlief wou iets daarna weer gedoen het en dink julle ek kan nou onthou laas het ons die tax gaan doen en more wou hy iets anders uit gesort het nou kan ek nie onthou nie

Carmen jammer om te vra hoe lank het julle gewag vir nuus van sars af?

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #105534 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, dankie vir die lysie, jy's fluks.

Elise ek wil weer groot dra, maar dit gebeur net nie. Vandat ek gewig opgetel het, dink die mense net ek word vetter tot omtrent heel aan die einde.

Ek wag nou net dat pa die 2 meisiekinders terugbring. (Hulle het gou 'n sleepwa of iets gaan haal saammet hom). Dan gaan ek daai pynappels koop.

Gerne en Helene julle is stil.
Wie sou vandag dr toe gegaan het?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #105516 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Genade Janine, maar 90cm?? Jislaaik, jou lucky fish, jy is darem petite jong! :ohmy: :silly:

Jip,, jy kry tonne van Dr. White's en van Carriwell Maternity pads by by Dischem :) Ek is bly jy het lekker geskenkies gekry by jou tee, dis waar, mens besef eers hoe baie mense lief is vir jou as jy swanger is ;)
Ok hier is die lysie dan:

Elise 142 cm
Gerne 119 cm
Christa 117 cm
Ralmarie 114 cm
Carmen 109 cm
Sarah 104 cm
Petro 102 cm
Anina 94 cm
Janine 90 cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #105513 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
my pynappel lus is darem geblis lol maar ek het nog 1 wat ek dink om sommer nou te eet aangesien jy dit noem
ek is mal oor die weer net jammer die kort broeke pas nie so lekker nie lol

Lily wees bly oor die klein dra lyk my ek is die 1 wat die grootste is tussen die klomp :-(

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account