file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #105503 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Lily, ja ek weet Diskem het en ek het nou die dag by ons Reggies ook gesien van die maternity pads.

Ja jy dra lekker klein, wees bly dan is die pyne minder.

Bly jy is lekker bederf met jou babatee. Dis altyd lekker om goedjies te kry vir baba.

Goed om te hoor Ilse groei so mooi.

Elise ja die warm weer is lekker. Ek het vandag lus vir pynappels. Dink ek moet bietjie gaan koop.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #105472 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
sjoe julle maar dit is lekker warm ek geniet die somer weer baie meer as die winter dit is verseker

Anina geen probleem nie sal more weer sien wat die scan se ek is nogal op gewonde om te gaan en te sien wat die klein akker nou weeg

Lily so bly dit gaan goed met jou en Ilse pas julle mooi op

Julle ek bly dors vandag ek drink en drink en drink omtrent
Ek het so lus vir lekker koue 4 cousins wyn jy kan met my toor

my stuitjie is weer lekker seer vandag

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #105435 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle!

Moes nou eers weer opvang met al die nuus - bly dit gaan goed met almal so tussendeur die skete en pyne!

Christa en Elise, sommer opgewonde vir julle part, min dae, min dae!

My magie meet maar 90cm! Almal sê ek dra verskriklik klein, het nou begin dat mense skat hoe vêr ek is - en die algemene antwoord is 5 maande! Dan rek hulle oë natuurlik vreeslik groot as ek sê amper 8 maande :laugh: Sou bekommerd gewees het as dit nie vir sonars was nie, was Vrydag by dr, Ilse weeg nou so 2.16kg (34wke), koppie lê klaar reg en vrugwater ook genoeg, so hy sê als lyk goed vir normaal!

Dit was Saterdag my babatee, is so bederf en geseën met hope klere, bederf toiletries vir my en decorations vir die babakamer. Het net weer besef hoe groot voorreg dit is om swanger te wees en mense te hê wat saam met jou opgewonde is en uitsien na die nuwe mensie!

Waar het julle maternity pads gekoop - was gister by Clicks en Spar maar kon niks kry nie, by Dischem dalk?

Lekker daggie vir almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #105421 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ok, ek gee obviously nie genoeg aandag aan die updates nie Elise. Ek sal maar daarby hou, miskien is jou sonar uit...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #105412 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Jammer ek kom nou eers hier uit ek probeer myself besig hou anders voel die dae vir my soos n ewigheid so ek bel gou rond ons moet manlief se kar se engine oor doen so ek kry gou pryse en dan wil ek my kar gaan was en suig en dan kos maak en dan bad en dan gaan ons kerk toe vanaand so ek het n goeie besige dag

Wel ek het gister aand al voor 20h30 uit gepaas en dit is hopeloos te vroeg vir my maar ek het soos n klip geslaap en is lekker vol energie vandag

Ralmarie my voete swel net so en is ook baie seer maar ek druk hulle onder die koue water in dan voel dit baie beter

Anina ek dink daai 2.9 is bietjie min want hy/sy het op 35-36 weke al 2.839 geweeg maar nes jy wil en julle gaan skrik as ek sms en se eks in die kraamsaal maar dankie vir die gedagte lol

6 daggies vir my oor!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #105401 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Hier is my raaiskote sover:

Elise - Dogtertjie - 3,15kg
Christa - 3,32 kg
Myself - 3,30 kg
Helene - 3,29kg
Sarah - 3,12 kg

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #105393 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Nou waar is julle vandag?

My voete swel so ek sukkel om te loop. Dan pyn dit waar my tone begin. Ek probeer met hul opsit, maar wat snaaks is is dat dit vanoggend nog geswel was na die nagrus. O well, nie meer lank nie.

Christa, WOW die garage uitvee? Nee wat dis nou een ding wat my nie pla nie. Klink of jy lekker nesskrop. Ek het nog iets vir jou, sal maar sien hoe ek dit daar gaan kry.

Ek het gisteraand moes hardloop vir die toilet, maat vandag lyk dit my alles is weer reg. Laat mens elke keer wonder, en tog is dit seker maar net om reg te maak vir die geboorte.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account