file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #104901 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Jitte Christa! Soos in oormore! Lekker! Dis nou goeie nuus om ons skete bietjie minder te laat voel. Dis so lekker om die eerste baba in die groepie te verwelkom, dan voel ons almal sommer nader aan die due date en besef ons dat daar 'n einde aan die pad is.

Kry nou alles reg en probeer rus!!!!!!!

Carmen, ja dis die drukking van die baba en die bene en ligamente wat begin plek maak vir baba om deur te kom. Dis nie nou lekker nie, maar dit maak 'n natuurlike geboorte soveel makliker.

Elise, hoe was jou koffie afspraak, baba nog binne?

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #104843 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo mammas! Bly almal is okay. ELISE jy beter dit nou kalm vat! Onthou hoe langer baba binne bly, hoe beter! GERNE sterkte vir daai blues! More voel jy beter! Ek dink jy is net af omdat jy so ongemaklik en onbeweeglik voel. PETRO bly jul naweek was so lekker! Ek dink jy sal more die ryery voel. Ek was laas naweek op 38 weke Brits toe en terug, so 300km van ons af, dus 600km vir die dag en was die vlg dag stokflou! So probeer maar more rus. CARMEN bly jou make up sessies het goed afgeloop! ANINA sterkte vir sussie wat so op daai pubic bone gaan le het! Dr het vanoggend net my bloeddruk gevat, was weer baie laag. Toe sieknota gegee en gesê hy sien my Woensdag in teater. Toe is ons hospitaal toe om bed en magtiging te bevestig, so alles is gereel. Ek was laaste baba goed en dan gaan ek net nou tasse finaliseer. Lekker dag almal! Praat weer later.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #104842 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja nee, die ou oyne en skete tog!

Gerne, ek verstaan hoe jy voel! Toemaar, jy sal gougou weer beter voel! :kiss:

Ek is aansienlik minder seer vandag as gister!

Wat versoorsaak dat mens se pelvic bone sp pyn? Is dit die drukking?

Elise, ek is soooo opgewonde vir jou en Christa wat so naby is aan die einde!! :woohoo: :woohoo:

Petro, sien uit na update oor boeta!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #104835 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, dis wat ek kon kry:

Hartbeespoort Information Shop. Hartbeespoort Tel: +27 (0)12 253 0266. Fax: +27 (0)12 253

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #104809 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal

Sjoooo elise jou babatjie kan nou enige daggie kom. Vat dit rustig en pas jouself op die laaste paar dae

Ons is oppad terug plaas toe.nou in victoria wes. Darem nie meer sooooo ver nie. Ek le maar meeste van die tyd agter in die kar, so ek cope darem nog met die ver pad

Ek gaan versseker laat weet hoe groot boeta is. My anina en gerne se datums dink ek is baie naby aan mekaar

My boeta le vrek hoog, hy druk die hel uit my ribbes en ek kry elke nou en dan een helse skop.

Praat later weer

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #104798 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek het te vinnig gepraat! Baba en pelvis het soppas begin interact! Soos in nou net!! Ek het so 'n aaklige swaar drukking en 'n ongemaklike warm brand gevoel daar onder! Nie cool nie!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #104786 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, dit klink of jy 'n slegte dag het vandag. Sterkte! Hou moed, die einde is in sig. Ek het ook spier pyne aan die onder kant van my maag, en is veral vrek seer as ek hoes of nies. Die res van die tyd voel dit soos maagpyn, maar my maag is nie meer daar nie... So ek weet nie wat dit is nie.

Petro, ek gaan ook more weer gyni toe. Ek kan nie wag nie, ek is so nuuskierig om te sien hoeveel Claudia gegroei het.

Gelukkig weet ek na die 4D scan laas Dinsdag sy sit defnitief sover in die regte posisie vir geboorte, maar ek dink sy sit nog baie hoog (al hang my pens laag.) Want sy druk nog nie regtig op my pubic bone nie. Dis nogal lekker, Stefan het my klaar gemaak, ek het nie gedink ek sal ooit weer normaal loop na hom nie. Maar toe ek hom verwag het, het ek op die 3de verdieping skool gehou, nou is my klas op grondvlak, reg tussen die kombuis en toilet, so ek loop nooit ver nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account