file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #103419 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Alle kinders wat vandag gebore word is spesiaal - hulle word gebore op 08/09/10!

Julle, ek het mos met henko die aand 11uur gekraam en toe geslaap, die volgende oggend 10 uur is ek ontslaan so ek het net ontbyt daar geeet so ek weet NIKS van wat julle nou praat nie. dankie vir die tips. aangesien ek 'n koekie freak is sal ek koekies en 'n tydskrif inpak! :)

kan ek maar chocolate koekies eet as ek borsvoed???

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #103418 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Elise, toemaar more voel jy weer beter! Vra my gister, was ek sommer die donner in vir almal en alles, maar ek is weer sharp vandag! ;)

Helene, o ja verseker, hy gaan moet lekker take-aways vir my koop!

Ok julle, gaan nou oppak, gesels weer more!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #103385 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
Julle ek voel terrible vandag ek weet nie hoekom nie ek is moeg my lyf is styf en seer en my maag voel asof daar is trok daar binne is seker nou maar die laaste paar dae wat nou so akies is

Anina my man is net so moeg in die aand deesdae omdat hy amper op verlof gaan met die baba moet hy seker maak als is in order sodat die mense nie sukkel as hy weg is nie so ek kry ook nie elke aand wat ek soek nie dalk 1 of 2 keer n week en vir een of ander rede voel dit soos n straf dit voel asof hy my nie meer wil he of dat ek nie baie mooi lyk op die staduim nie maar ek weet dit is seker nie waar nie maar dit voel so en party aand as hy gaan slaap sonder "ietsie" dan wil ek sommer huil sorry ek weet dit is seker dom en tmi maar dit is hoe ek voel

Gerne daai baksel lyk nou devine hoor

Oe julle ek kan nie glo ek het net 12 dae oor nie 1 van die september mammas is vandag in en het seker nou al haar babatjie in haar arms dit maak my nog meer broeis ek dink daar is nou al 3-4 van die september groepie wat hulle babas al het en hulle is pragtig

Anina ek sal daai massage bietjie gaan google en dan sal ek dit probeer doen soos ek nou voel, voel dit of die baba nooit gaan kom nie

Ek sal moet snacks kry dankie dat julle se daar is darem tyd om nog ietsie te kry en soos ek manlief ken sal hy aandra as ek vir ietsie vra maar hy gaan net in die aand hospitaal toe kom so ek sal moet iets he vir deur die dag. ek dink dit gaan nie baie lekker wees om alleen in die hospitaal te wees heel dag en met die wete dat hy werk nie maar dit is beter as hy die volgende week af vat dan is ons darem altwee by die huis met die baba

Julle ek het gister aand gesien my borste begin lek in my nipples voel of iets hulle gebyt het of oor hulle gery het so seer is hulle

Anina daai dogtertjie is te pragtig

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #103377 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
julle hoekom is ralmarie so stil? dis al haar 5de baba, sy kan mos vroeg in kraam gaan.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #103374 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
genade, gerne!! ek sal nou daai bak lekker kan skoon lek vir jou!! dit lyk yummies!

gaan nou in my boeke grawe vir iets makliks wat ek vanand kan maak...

ek moet eers groet. moet gou die laaste batch klaar maan en dan more se groente gaan optel.

anina, jy is darem n moeder van formaat as jy nog kans sien vir boeklees as baba slaap. ek dink ek gaan net SLAAP as baba slaap!! :lol:

carmen, jy vra nou 'wat maak n mens anders as om snacks in te pak" JY BEL JOU MAN EN VRA DAT HY VIR JOU STEEERS BRING!! in die hospitaal eet hulle mos al 4 uur of so iets belagliks aandete. teen 8uur is ek weer so honger ek kan n bees op eet, en onthou dames as jy borsvoed, is dit sommer weer n ander soort honger.

ag nee, man. ek praat alweer (nogsteeds) oor kos. Sorry.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #103363 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Mensig Gerne, maar dit lyk nou vreeslik lekker :ohmy:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #103345 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
ek het gisteraand gesondig en die blerrie ding gemaak. en vanoggend eerste ding, yskas toe vir 'n vinger vol :blush:


3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account