file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #103714 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
haha carmen die pad voel lank en swaar maar ons is darem amper daar en dit is darem amper naweek ook so jipeeeeeeeee maar aan die ander kant my man werk weer saterdag so ek is weer alleen.Die alleenheid begin my nou vang ek hou nie meer daarvan nie maar ek dink dit sal beter gaan as babatjie eers hier is

Ek kry vreeslik warm vandag julle ek is sommer lus en trek die sweetpak broek uit en le net in my panty op die bed lol

Ek het nou lekker halwe geblikte perskes met ultra mel geeet en dan nog van gister aand se left over lamb stew en ek voel nog steeds honger en ek twyfel of ek nog honger kan wees sjoe dit is darem baie om te eet.. voordat baba gesak het, het my maag nie so gou leeg gevoel nie nou voel my maag heeltyd leeg en my blaas heeltyd vol lol

Julle ek het nou net n sms van charlaine af gehad sy het vrydag getoets maar dit was bfn en af is nog steeds nie daar nie en sy is nou al 2weke oor haar tyd toe se ek sy moet gaan vir bloedtoetse en kyk wat dit se

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #103710 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Agnee Lily, wat 'n teleurstelling. sherbet ek sou sommer woedend gewees het, en nou moet jy dit half maar net gebruik, jy het nie 'n keusie nie. agnee man.
Hoe ver is jy more?

LOL Anina, probeer die ding maar iewers gebruik jong :)


Carmen. as jy normaal gekraam het kon ons mekaar aangemoedig het - nou is jy bietjie voor my (ver voor my), ek sal maar sit en wag en wag ... en wag :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #103702 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, jippeee, dit sal cool wees om te sien wat Ruben weeg vandag, want ek en jy is kop aan kop met die swangerskap :)

Janine, ag shame, ek kan dink hoe jy voel, maar soos jy se, jy weet dis met liefde gemaak, so al wat mens kan doen is maar om dit vat van waar dit kom :) Nie veel wat mens kan doen nie!

Anina, lol, ja nee, ek weet ook nie wat jy gaan maak met die skildery nie?? Geverfde mure en 'n moerse skildery kan dalk net bietjie "over the top" wees :laugh:

Ek is bietjie moeg vandag, moeer as gister verseker! :unsure: Ek sal eintlik nou baie lekker kan gaan le en slaap op my bed! :blush:

Hierdie liedjie is heeltyd im my blerrie kop:

Aanstap rooies! Die pad is lank en swaar,
die mense wag al daar en die koffie is al klaar.
O, laat julle kwassies swaai, swaai, laat julle kwassies swaai,
wieg julle koppe fraai en laat die wiele draai.

Ek dink in my onderbewussyn vole ek so :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #103696 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi Janine! Bly jy is terug. Jammer om te hoor oor die quilt, dis regtig so sleg om so teleurgesteld te wees en mens kan nie eintlik iets daaraan doen nie...
Ek het op my babatee die mooiste (HUGE) skildery van 'n see skilpad gekry by my beste vriendin se verloofde. Maar ek het vir almal gese ek gaan die mure verf met see prentjies in die baba kamer. So wat moet ek nou met die skildery doen??? En dan wil ek nie ondankbaar klink nie, maar ek wil graag die mure self verf hoe ek dit wil he, maar as ek nou nie die skildery opsit nie gaan hulle baie in die gesig gevat voel.
Ek het gedink ek kan dit by die kids se kamer deur opsit in die gang, maar dis so groot, dat dit nie daar inpas nie. Ek weet regtig nie wat om daarmee te maak nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago - 16 years 1 month ago #103671 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Jippee, ek's weer online!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #103670 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!

Mymoomie is skoon deurmekaar deesdae!! Of ek kom glad nie op nie (gooi my die heeltyd direk na die facebook page...), of my post wys glad nie of daai pragtige blank post van gisteraand!! :dry: Hoop die een wys!

Bly dit gaan nog goed met almal - gits Elise en Christa, min dae, min dae!!! :laugh:

Riley groei te mooi Carmen, dink Ilse het ook al reg gedraai want met laasste sonar was sy al klaar koppie ondertoe en ek voel sommer die voetjies wat my ribbes beetkry! :laugh:

Sou gister dr. afspraak gehad het, maar dis geskuif na Vrydag oggend - sien baie uit om te hoor hoeveel weeg sy nou al.

Ai julle, ek was die naweek so kwaad en teleurgesteld. Het lank terug mos vertel van die tannie wat appliek doen en vir my 'n baba quilt sou maak, wel die naweek het ek dit uiteindelik gesien.... Sy het glad nie by my prentjies (wat ek spesiaal op die internet gaan soek het) gebly nie, ook nie by my kleure sodat dit pas by die gordyne nie en sommer ook glad nie by die kot se mates nie!! So basies het sy haar eie kop gevolg en glad nie wat ek graag wou hê in gedagte gehou nie... Maar sy is ou familie vriende van my skoonma-hulle en ek weet dit is met soveel liefde gemaak, sy het byvoorbeeld die hele quilt met haar hand gewerk, so dis ure en ure se fyn werk. En nou is die tyd ook al so min dat ek nie weet of ek self tyd gaan hê om iets anders te maak wat by die prentjie in my kop pas nie!

Ai tog, genoeg gemoan. Verder gaan dit baie goed! Die erge moegheid het my lanklaas getref en daar's verder niks klagtes nie, lekker daggie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #103665 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, bly alles gaan so mooi goed! 3.2 is 'n lekker gewig vir normaal geboorte. Nie te groot nie, maar ook nie pieperig klein nie. Maar moenie na my luister nie, eks bevooroordeeld, Stefan was 3.2

Gerne, my man spring nou al op aandag as ek vinnig opstaan en 'n kreun geluid maak of my asem vinnig intrek omdat daar 'n kramp is. Eks bly hy is so parraat, ek hoop net dit hou tot sussa kom... Laas het hy sy voet gebreek 6 weke voor S moes kom, toe kom S op 38 weke. Ek het nog nooit 'n gebreekte been en geskeurde ligament gesien herstel in 4 weke nie, maar toe ek se dis sulke tyd, kon hy skielik weer sonder die stut bestuur!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account