file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #103642 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina, ek weet, ek het dit met henko ook gehad en soms kan dit baie seer wees en ongemaklik - soos jy se as mens iewers is waar mense is kan jy nie regtig wys jy het pyn nie - dan dink hulle jy kraam. :)

Shame Elise, dis baie erg.

Ah carmen, bly alles gaan goed met Riley kind! Sy is 'n nice gewig ne. Ek is ook vandag 33 weke so ons gaan nou mooi kan sien wat die verskil tussen ons 2 is! En 3.3 is 'n baie goeie gewig vir 'n dogtertjie, sy sal dit maak tot daar (ons het nog SO LANK om te gaan :blink: )

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #103633 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Julle klets te lekker so vroeg!

Shame, julle arme siele met die no'no's vir borsvoed! Ekke kan darem eet net wat ek wil na die geboorte ;) Speel net! Ek gaan blerrie ernstig moet diet as ek vir Riley uit het, mensig, ek laat die skaal nou kreun!!

Was vanoggend by gynae. Alles lyk goed. Riley se koppie is heel onder en boude in die lug. Sy is klaar reg gedraai. Sy het 500g in 2 weke opgetel, so sy weeg nou 2.1 kg. Dis nou 33 weke vir my. Gynae skat sy sal seker so 3.2 of 3.3 wees met geboorte maar you never know! Daar was vandag vir die eerste keer suiker in my piepie. Sy se dis niks om oor te stres nie, dit is maar normaal hier op die einde om so bietjie te he, die niere sukkel maar, maar ek moet maar wegbly van oormatige suiker eet. Maar ek doen nie, al suiker wat ek inkry is my rosyntjies innie oggend oor my allbran. En die occasional stukkie koek, ek eet glad nie suiker oor my pap, of in my koffie nie.Ek moet ook wegbly van waatlemeon en vrugtesap. Maar ag wat, niks om oor te worry nie.

Janine, ja nee, ons kan nie jou blank posts lees nie hoor, duh! :P :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #103631 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Toemaar Gerne, Claudia is ook bedrywig op snaakse plekke. Dit voel soms asof daar 'n snaar gespan is tussen my naeltjie en my cl.... en asof sy kort kort daaraan pluk! Ek het presies dieselfde met Stefan ook gevoel, so dis seker 'n algemene ding maar dis vrek ongemaklik as hulle dit doen terwyl jy besig is om inkopies te doen in die middel van PnP!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #103625 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek kan nie glo baba het nog gesak nie ek moet se dit voel baie beter dit voel of ek baie beter kan asem haal en rond beweeg ook
Ja ek verstaan die van die flirt hoor my man doen presies dieselfde maar sodra ons nou rustig raak in die bed dan raak hy aan die slaap en dan le ek en skape tel ek meen wat moet mens doen om hulle aandag te kry kaal in die bed klim of wat. Ja ek sal nou nie weet na die geboorte nie sal moet wag en sien wat daar gaan gebeur maar dan is dit nou net mooi anders om as hulle dit nie kan kry nie dan wil hulle dit met alle graagte he lol. Anina ek stem saam niks beat regte coke smaak nie en snaaks genoeg my gynae het niks gese van seker goed vermy nie

Julle ek kyk nou net n program van snaaks pleke waar babas al gebore is en met rear disease die 1 vrou het op 24 weke vir n scan gegaan toe tel die gynae op dat daar iets soos n tumour in sy magie groei dit was n seuntjie hulle se toe hulle kan niks doen tot die baba gebore is nie nadat hy gebore is doen hulle scans en extrale op die baba en sien dat hulle n tweeling moes gewees het maar die ander baba is in die seuntjie se maag toe moes hulle hom uit sny toe sien hulle dat die 2 bloed deel en die maag toe moes die seuntjie wag vir n baba donar vir n maag.Dit is terrible

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #103617 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hierdie klein klits begin nou op snaakse plekke skop (of slaan eerder dink ek). Vanoggend toe voel dit asof my maag gaan werk (skies TMI), dit was soos regtig daai gevoel van jy moet nou hardloop anders gaan jy dit nie maak nie maar ek het geweet dit is nie dit nie. En ook toe knyp hy my of 'n spier dat dit tot binne in my koekoeloekie pyn LOL :silly: Hy betree nou gevaarlike terrein die seun van my :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #103591 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie Gerne, daai fotos is seker nog van Stefan se swangerskap. Ons het nog nie 'n shoot gehad vir die een nie. Ek beter dit organize... net 8 weke oor!

Ek kry ook krampe, dit voel asof my maag pyn maar my maag en derms sit defnitief nie meer hier voor my baarmoeder nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #103550 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo Lily - as jy nou sulke blanks post ???? :ohmy:

Dit gaan goed die kant. lekker geslaap gisteraand, ek slaap regtig die week DOOD hoor, geen pieps - geen krampe - yay yay :)

christa, dankie vir al die raad. Elise as jy wil gaan kyk ek het 'n post by babies dink ek opgesit waar vrouens raad gegee het oor borsvoed en kosse.

Anina, jy dra darem baie mooi as jy swanger is ne. jou fotos gesien!

My stupid niere pyn so vandag, voel ek moet begin menstr. Vreemd. maar ag dit gebeur so van tyd tot tyd.

Kan nie wag om vir R vanmiddag te sien nie!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account