file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #102858 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Annalize, bly alles gaan goed met Giovanni se vordering :)

Sover ek weet kan mens die Raspberry leaf tablette ook koop, dis ook beskikbaar, dan hoef mens nou nie 'n tee'tjie aanmekaar te slaan nie.

Het lasagne verorber vir luch, was heerlik!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102857 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re: Oktober mammies 2010
Ralmarie, geen idée wat jy vir daardie groot seun van jou moet kry nie. Sterkte met die shopping.

Ek weet ook nie 90% van die tyd waarvoor ek lus is nie. Het nou al vandag ‘n hoenderpastei, 4 naartjies, ‘n boksie smarties, ‘n halwe pak skyfies (O’gradys) en 2 appels verorber en is steeds lus vir iets.

Gerne en Christa, ek was 3 weke terug by my vroedvrou en scan en kleinding het toe net oor die 1.5 kg geweeg. Ek gaan more weer vir ‘n ondersoek en daarna vir my gratis kosmetiese scan by Linkwood. Ek is nou 33 weke.

Ek het ook Gianluca se ou en Giovanni se nuwe klere die naweek uitgesorteer en het verskriklik baie goed. Iets soos 20 vests en 12 baby grows. Ons het nou wraggies niks meer nodig wat klere aanbetref nie.

Gerne, ons het ‘n angel care monitor vir GL gekoop en die ding omtrent nooit gebruik nie, want jy is altyd naby jou baba, no matter what. Ons huis is in elk geval klein so as die rakker ‘n geluid gemaak het was ons daar. Ek sal die monitor hopelik met GV gebruik, sal maar sien.

Carmen, sterkte met mtn…

Jis julle dit is lekker om weer te chat! Ek het GL vandag by die spesialis gehad en is dit al rede hoekom ek tuis is. As ek snags by die huis kom is ek niks lus om eers die rekenaar aan te skakel nie.

Ek weet nie van julle nie, maar my ribbes pla soos ek groter word. Ek weet nie meer hoe om te sit of te staan nie…. Nogal wild …

Lekker middag julle, praat miskien weer later. Ek gaan probeer rus vir die res van die middag. Sal eers moet sien of ek kan stil raak. Lol…

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102832 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
julle ek is mal oor die sommer weer dit is so heerlik warm net jammer my kort broeke pas nie vir my nie so ek is nog op die sweetpak broeke vir nou maar darm nie vir lank nie so ek gee glad nie om nie ek gaan nie nou broeke koop wat pas vir 2 weke nie

Ek het weer vreeslik sooibrand vandag en ek kan regtig nie onthou wanneer laas ek sooibrand gehad het nie ek dink my sooibrand rus nou n bietjie met die dat baba bietjie gesak het

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102827 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
O ja Helene, sterkte vir daai strawwe kook-program wat jy opgestel het! Bly jy het ekstra hulp daarvoor ingekry! Sterkte en kom wys daai preggie-shoot se fotos!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102826 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo Almal! Mensig maar julle gesels omtrent!

Bly dit gaan goed met almal!

Annalize goed om weer van jou te hoor! Ons mis jou as jy so stil raak! Dis goed dat jy jou werk so geniet! Hoe ver is jy nou en wat weeg Giovanni al?

Ek gaan ook nie 'n monitor aanskaf nie. Behalwe dat dit vrek duur is, dink ek baba sal okay wees! Ek weier om paranoies te raak! Mare is in elk geval so woelig dat ek ook soos Anina dink dat hy 'n besige baba gaan wees! Dan kry ek ook dalk 10 keer per nag 'n hartaanval as daai alarm skree! god se beskermengeltjies sal hom veilig hou!

Anina ek weet ook nie van die preinium massage nie, maar dis seker meer van toepassing vir normale kraam?

Carmen wanneer leer jy om nee te se vrou?! Dis 'n ontsaglike besige program wat vir jou wag! Hoe gaan jy dit hou? Jou rug en voete gaan afbreek hier in die laaste maand! Sjoe jy sien kans vir baie! Ek huil omtrent elke oggend as ek net moet gaan werk! My liggaam is nou wraggies op en gedaan!

Ralmarie laat weet asb of Potch se dischem van daai raspberry leaves het.

O ja, die temp het vanoggend vir my 'n geskenk vir Mare gebring! Ek dink dis dierbaar van haar!

Lekker dag vir almal! Dalk gesels ek later weer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102817 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
wou nog se ek bad elke 2de aand in evening primrose olie dit help baie vir die droe vel het n bottel by dischem gekoop die maand

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102814 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Nee wat, die lus het my nie beet nie :blush:

Ag ek fight alweer vandag met MTN, dis nie 'n goeie dag nie, diens in SA is maar net super&^%$.

Loer later weer in.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account