file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #102560 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re: Oktober mammies 2010
lol... sjoe elise, jy moet dit kalm vat. ek dink ons sal seker nou almal met die nesting ding begin.

ek het die naweek al giovanni se klere gewas en uitgepak so alles is reg vir sy aankoms. ek moet nog net sy hospitaalsak regkry dan is alles 100%.

sjoe, ek weet nie van julle nie, maar ek kan nou nie meer wag om hierdie klein lyfie in my arms vas te hou nie. ai!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102529 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
Hey annalize bly dit gaan goed met julle ook en dat jy gelukkig is met die werk saam. Die selfoon nr lysie is sodat ons mekaar kan laat weet as die babas gebore is en dat als darem goed af geloop het.

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102528 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
More girls

Hoop dit gaan goed met julle sjoe ek het soos n droom geslaap met die wat ek so besig was gister en glo my, my rug was af na gister en ek is alweer besig van 6 uur vanoggend af die was goed is al gewas nou wag ek vir die bediende dat sy dit moet kom op hang nou gaan ek gou die beddegoed in gooi en daarna moet die gordyne gedoen word maar as dit gewas is kan sy dit stryk en ophang sommer net so nat dit pla my nie en dan begin die skoon maak weer.

Ek het gister aand weer pyne gehad en die asemhalings gedoen en dit het soos n bom gewerk. Gister aand toe laat almal my mooi verstaan ek moet my goed reg kry hulle wil nie sukkel nie en dit lyk nie of babatjie gaan wag tot die 20ste nie want ek kry nou elke aand pyne en dit word nou meer gereeld party keer kry ek dit in die dag ook

Ralmarie ek kan myself nie keer nie ek is aan die gang dit voel net of die plek nie reg is vir ons baba nie en as ek eers begin is daar nie einde nie ek gaan aan en aan en aan.

Manlief het my darm nie uit gebollie gister aand oor ek die bed op getel het nie hyt net gese dit was die laaste keer.

Julle ek bad nou vreeslik swaar ek sit baie ongemaklik in die bad baba se boude druk hier bo vas en sy kop onder en ek het nie n stort nie en as ek uit die bad klim dan klink dit of ek die comrades gedoen het

Lekker daggie vir julle

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102524 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re: Oktober mammies 2010
more more moomie mammas, sjoe die tyd stap nou nader!! christa en elise, min dae meisies....

jammer ek is so stil, maar is my lewe wonderlik en besig. ek staan so 6h30 in die oggend op, stort, trek aan en maak dan vir seuntjie wakker wat aangetrek en gevoer moet word. Ek ry dan so 7h40 pretoria toe waar ek gianluca aflaai gaan werk en so teen 17h30 in die aan tuis kom.

ek kan nie glo hoe gelukkig en ontspanne ek by die werk is nie. seker maar omdat ek en my baas so goed oor die weg kom.

dit is vir my onmoontlik om al julle daaglikse boodskappies te lees en vertrou ek dat alles goed gaan met almal en veral julle kosbare pakkies wat nog warm en gelukkig in die magies woon.

ek het 'n lysie met telefoonnommers gesien en het ek nie 'n idee waaroor nie gee ek maar myne. 083-625-4418.

verder verlang ek my vrek om elke dag met julle te gesels en sal probeer om darem vandag hier te wees.

lekker daggies vir almal.... mwah! mwah! mwah!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102502 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
ek het vandag my beplanning gedoen vir die maand. en ek beoog om die 24ste sept klaar te kook vir ten minste 6 weke....mmmm baie scary, maar ek gaan probeer. Van more af kook ek elke dag. ek kry darem hulp in en probeer ook om vroeg middag klaar te maak, anders kan my rug dit nie hou nie.

more middag gaan ons vir n preggie photoshoot. Ek het n vroutjie raak geloop wat ek 2 jaar terug ontmoet het. sy doen nou fotos en het gese ek moet kom, sy sal dit verniet doen, aangesien sy nou mense soek vir haar portefielje. ek sien baie uit.

gerne, ek het haar op jou fb album ge'tag' wou vir haar jou mooi fotos wys. Wat het julle fotos gekos?

nou maar toe, dat ek gaan inkruip. ek gaan probeer om more oggend weer in te loer.

:P :) :huh: :blink: :side: :side:

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102462 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Uiteindelik is ek in moomies in.

Lekker aand vir almal.

Helene ag dit klink of jy lekker geshop het. Ek het juis nou my ma gebel en gese voor sy uitkom moet sy 'n peppermintpoeding slab saambring.

Elise jong ek dink jy gaan vroer in. Hopelik dan sommer normaal, kan in elkgeval geen rede vir keiser sien as jou bloeddruk normaal is nie. Moet jouself net nie seermaak met die skuiwery nie. Ek skuif nie net reg om skoon te maak gewoomlik nie, ek skuif sommer die huis en kamers rond. Kry dan lekker raas in die aand, maar ek kan myself nie help nie. Darem het dit nog nie ingeskop nie.

Christa daai wurm is te oulik. Dat ons nou oor wurms moet gesels. LOL. Bly jy gaan afgeboek word, het gewonder hoe jy die ryery hou. Ek wil nie eers dorp toe ry nie en dis net hier om die draai.

Gerne, wikkel daai boude. LOL . Ek sien jou al so wriggle daar in die kantoor. Dis al nadeel van lessenaar werk.

Carmen hoop hierdie naweek wat kom is rustiger vir jou. Wanneer rus jy?

Lekker slaap almal. Hoop jul het 'n soete nagrus.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102457 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi Helene, klink of jy lekker bargains gekry het! Nogal doeke en vests vir altwee seuns! Ek join jou met die chocolate luste! Is al heeldag lus vir een, maar kon nog nie by die winkels uitkom vir een nie! :huh: Sal maar manlief se arm moet draai vanaand!

Is almal nou al huistoe? :dry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account