Goeiemore
ek het baie lekker geslaap en voel vandag goed, nou net lus vir chocolate na ek julle goed gelees het
Ek het gisteraand nie gewerk nie, dit was so lekker om te doen wat ek wil en nie voor die rekenaar te sit nie. so my man het gras gesny en ek het 2 bokse klere van henko uitgepak, yay!!! ekt die 3-6 en 6-12mnde in die kas gepak en die 0-3mnde klere in die wasmasjien gegooi, so as Ruben nou kom het hy darem darem klere

Ek was verbaas oor hoeveel babygrows henko gehad het, ekt al vergeet, sulke mooies en helder kleure, nou kan ek weer al my ou favourites vir R aantrek! Maar dan gee ek die klere weg, al is ek hoe erg daaroor kan ek nie vir ewig die goed stoor nie.
Elise, jy moet dinge rustiger vat, probeer baba daar binne hou so lank as moontlik, sit met jou voete in die lug en kalmeer vrou.
Helene, ons shoot was R480. Jy is gelukkig om dit verniet te kry ne, geniet dit en kom wys fotos asb. Hoe voel dit om vir 2 seuntjies te shop gelyk??? Ek kan nie wag tot ek vir altwee dieselfde klere kan begin shop nie!
Carmen, jou shoot is naby ne!
Hi Annalize, dis lekker om weer van jou te hoor, bly dit gaan goed met jou en baba. wanneer laas was jy dokter toe? wat weeg hy nou?
Ralmarie, jong ek is so sleg met persente, ek haat dit om te koop want ek weet nooit wat nie so askies ek kan nie help nie. ek dink vir 'n seuntjie op 'n plaas is 'n verkyker 'n baie goeie idee!