file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #85203 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal! Gaan nie eers probeer opvang nie, julle kekkel te veel! :laugh:

Annalize welkom terug! Ons het jou gemis!

Oor die BF bras, my sus het Edgars sin aanbeveel! Dis pragtige kant en lyk basies net soos gewone bras. Ek het nog glad nie darna gaan kyk nie. Carriwell sin lyk gemaklik, maar aaklig op die oog. En ons wil tog mos nog steeds vroulik voel met 'n ou stukkie kant iewers! Ralmarie ek hou van jou idee! Sal net moet gaan kyk hoe lyk daai hakie. Is dit soos dit gewone hakies en ogies wat agter op 'n bra sit?

Gerne Mare sit ook nou hoog bo my naeltjie! Dit maak etes uiters onaangenaam! Ek eet drie happies pap, dan voel dit of my maag wil bars! :( En dan is ek 5 minute later weer honger!

O ja, ek sukkel minder met seer heupe! Ek slaap met 'n platterige kontinentale kussing addisioneel onder my kopkussing en daai bietjie oplig maak 'n reuse verskil. Nou slaap ek minstens darem weer!

Sukkel julle ook so met hoofpyne? My kop wil bars en is permanent seer! :unsure:

Lekker dag! Sal later weer probeer inloer. :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #85116 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
More julle!

Welkom terug Annalize, het jou hier gemis!

Dankie julle, ek sal bietjie uitvind oor die kamers, maar ek het al paar keer in Unitas gele, en as ek reg onthou is dit 2 in 'n kamer.

Julle moet 'n lekker daggie, ek loer nounou weer in!

:silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #85099 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
More!!!

Annalize, welkom terug!! Hoop dit gaan goed met jou!

Elise, dis nie lekker van die geswelde vingers nie, drink baie water. En geniet jou gyni afspraak!!

Ralmarie, dit is nou regtig 'n goeie idee. Ek like ook nie Carriwell se bras nie. Ek het een en sal nie nog koop nie.

Lekker dag vir julle!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #85061 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re:Oktober mammies 2010
more more mammas, sjoe ek sien dat ek twee weke laas op was. skies, maar ek het nie al die posts gelees nie.

dankie vir al die ondersteuning en gebede met my man. beteken baie.

aan my kant is daar nie nuus nie. verlang my net dood na julle as ek nie hier uitkom nie.

julle moet 'n lekker daggie beleef. ek is op pad bank toe om vir my 'n nuwe debietkaart te kry want myne is stukkend.

praat weer later.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #85031 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
:laugh: more mammies

Hoop dit gaan vandag goed met julle. Hier is ons voor die wind voel baie beter vanoggend dis net my lyf wat bietjie seer is maar verder voel ek weet a for away.

Ek sien weer vandag die gynae so julle moet asb duim vas hou vir my dat als nog goed sal verloop. Ek wonder of sy weer n sonar gaan doen ek hoop so dan kan ek weer vir snookums sien hopelik steek sy dan nie haar gesiggie weg soos laas week nie en hopelik is die naelstring dan nie tussen die bene nie dan kan ek dalk loer wat daar weg gesteek word.

Sjoe sy skop so baie en veral as ek op my sye le weet nie of sy nie daarvan hou nie want sy gaan mal maar ek hou daarvan dan kan mens lekker voel wat sy doen en pappa geniet dit so baie en sy is wakker in die oggend voor my werk toe gaan dan gesels hulle 2 nou eers.

Ek hou nie van die borsvoeding bra's nie en hulle is flippen duur ook wat ek gedink het dalk lekker kan werk is soos sports bra's want hulle sit lekker gemaklik en meeste van hulle het nie draad in wat jou kan seer maak as jy die bra bietjie op trek om die tietie uit te haal nie of is ek nou dom?

Wel ons sal moet n lysie gemaak kry van als wat nodig is vir ons tassies ek sal erenstig moet begin dink daaraan om die goed te kry my tyd raak nou maar bietjie skraps en ek kort nog baie goed?????????????

Ek het gister my "your pregnancy" boek van discovery af gekry en daar in gee hulle vir jou n kort lysie vir baba se tassie maar hulle maak nie sin vir my nie hulle se jy moet teether vir baba vat en cuddle toys wat gaan n pasgebore baba met dit doen of is ek nou stupid?

Julle ek het so dors geword in die nag dat ek kort kort moes opstaan om water te gaan drink my mond het so droog geword dat als aan mekaar vas plak en vanoggend was my vinger so geswel ek moes al my ringe af sukkel want hulle het my glad seer gemaak

Hoop julle het n wonderlike daggie

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #84970 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Jis askies julle, ek sien nou eers hoeveel keer het my post deurgegaan, hy het heeltyd vir my gese 'fail'. Ek voel sommer skaam

Ralmarie, dit klink nou na n oulike idee! Nooit gedink dit kan so maklik wees nie. Wat ek nie van Carriwell se bf bra hou nie is hy kom so hoog op voor dit steek by al my tops uit.

Lekker slapies almal

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #84968 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Kan nie onthou of ek al die hier gedeel het nie, so ek gaan dit gou weer se.

Vir die van julle wat gaan borsvoed, ipv om borsvoedings bra's te koop kan jy net die ringetjie bo die koppie van die bra vervang met 'n borsvoedings knippie - wat jy by meeste goeie materiaal winkels kan koop.

Dan koop jy enige bra wat jy van hou en maak dit 'n borsvoeding bra.

Ek het dit nog nie self probeer nie, maar dink nogals dis oulik en kan werk, gaan heelwaarskynlik dit die keer probeer.

Die borsvoeding bra's wat mens kry is in elkgeval vir my nie so oulik nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account