file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #85807 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa ek het 'n breatfeeding hemp van die internet afgelaai. Dan kan jy dit ook probeer maak as jy wil. Ek stuur vir jou 'n e-mail met die dokument. Onderaan is die webwerf as ek reg onthou en jy wil daar gaan loer.

Lekker aand almal ek gaan nou doeks.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #85796 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa, ek dink ook 'n gewone T-hemp is goed genoeg. Ek dra die strappie top dan onder die t-hemp. Sak die strap en lig die hemp, niemand sien enige iets nie...

Gerne, mens kry spesifieke Koliek tissue sout van Natura. Dis in 'n wit botteltjie, nie pers soos die res nie. Mens crush dan net die pilletjie fyn en sit bietjie poeier onder baba se tong of as jy bottel gee, gooi dit sommer in die melk. Dit help regtig baie, dit bevorder gesonde spysvertering so al het baba (nog nie) koliek nie, dit help al klaar.

Die druppels is meer tricky, mens moet 'n paar druppels (so 3 is reg die eerste week dan op na 5) in lou water sit. Sommer op 'n teelepel. Dan gee jy dit so vir baba na 'n paar sekondes. Die water moet lou wees sodat die alkohol kan verdamp. Dit gebeur gelukkig instantly, so mens hoef dit nie lank so te hou nie.

Ander tissue soute wat nice is, is nr 8 (krampe, winde ens) nr 4 (enige inflamasie) en nr 5 (neusie en ander slym).

Ons het nou net gelag vir my vorige foto op 20 weke, dit was darem regtig 'n joke!!! Ek sal nou nou een neem en more opsit.

Lekker aand!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #85771 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa, wat van n lekker pep tshirt? :) dis moeikik, ek dink as jy n patroon kan kry met n hemp wat knopies voor het sal dit seker werk.
Ek moet se ek het either my strappy top se strap laat sak of my tshort net opgelig en my arm deurgedruk, maar ek het ook nou nie so lank ge bfeed dat ek nodig gehad het om te sukkel in malls en voor mense nie.
Was maar net by die huis. So ek het geen bf wear gehad nie en ek gaan ook nie nou koop nie, dalk eers later as ek sien ek begin sukkel.
Sterkte vir jou, hoop jy werk dit uit!!

Ek het ook gehoor woolies se bf bras is great, dit is blykbaar paddded met draad in.

Jis ek was gistraand elke uur wakker, my heupe hgee my he'll:(

Anina, ek kan my net indink met j sokkerbal voor in j hemp, :) jy is so petite

My maag is nou weer vreeslik pap, gesien op die fotos, hy het nog baie 'spasie' om te groei (velle van Henko oor LOL)

Anina, help bietjie. Hoe gebruik mens die rescue drops en tissie sout vir baba? Ek ken dit glad nie.

Ahhhh julle, die photoshoot was wonderlik. Ek is so bly ons het dit gedoen!!! Henko was n regte charmer en daar is blykbaar pragtige fotos, ek kan nie wag om dit te sien nie.
Ek het crinkle paper gevat en vir my n toppie en romp gemaak LOL, eintlik net om my gedraai! Ek het pers gekies omdat ek vrek oor pers en het sy gese dis bietjie donker teen die swart agtergrond, ag sal maar sien hoe lyk dit.

Lekker aandjie vanaand

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #85726 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Ai julle en die hot chocolate! Ek dink net daaraan dan het ek sooibrand!

Lekker koffie drink Carmen!

Wanneer kom post julle weer bietjie maag fotos?

Anina vir ons met die groter tieties weet ek nie of die gewone bras so lekker gaan werk nie! Ons gaan altwwe hande nodig he om dit weer aan te kry!

Julle ek oorweeg om my eie pj's te ontwerp en maak vir die hospitaal en voeding. Moet dit net mooi gaan bedink! En die tyd!!!!! Ai tog! Ek kry net niks waarvan ek hou nie! Ek slaap sommer in 'n vessie en panty, nou moet daar pj's wees vir die hospitaal. :blink: :huh: Ek sien Carriwell het 'n bf sleepshirt, maar dit lyk of dit tot amper by mens sse kniee kom en as ek moet omdraai en daai gedoente draai reg om my kry ek stuipe! En dan het dit nog 3/4 moue ook. Heeltemal te warm! Enige voorstelle? :ohmy:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #85686 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
;)

Ok julle, ekke gaan nounou ry!

Gaan net bietjie koffie drink by 'n vriendin van my wat Wilgeheuwel toe trek die naweek :(

Julle moet 'n lekker aand he, lekker eet (ons gaan sommer net pasta en mince doen) en dan gesels ons weer more! :whistle:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #85652 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Great minds think alike! Ek het ook nou net 'n lekker hot chocolate gehad!!!

En my pens het ook oor die laaste week of 2 lekker uitgesit. Dit lyk kompleet of ek 'n sokkerbal onder my hemp ingedruk het.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #85596 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hellooo

Ok, het nou net 'n lekker Hot Chocolate gedrink. :woohoo: Njammie!!

Mense, ek het nou baie vinnig groter geword!! Die laaste 3 weke of so het die pens iets verskrikliks uigesit. Baie mense begin nou opmerkings maak dat die maag nou behoorlik wys! :woohoo: My maag voel ook sommer baie groter! Ek sal weer bietjie op 29 weke 'n foto opsit! Daar het verseker 'n aansienlike verandering plaasgevind die laaste ruk.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account