more mammas
ek het lekker geslaap gisteraand - geen klagtes.
Oja, gister het ek slegte tandpyn gehad op my heel agterste tand en ek weet daar is 'n gaatjie in so ek het gedink, okay ek gaan vir die res van die tyd pyn he. wel gisteraand toe ek weer voel toe is die helfte van my tand GONE

Ek moes dit seker ingesluk het (gelukkig het ek dit nie raak gebyt nie!). So ek sal die tandarts moet bel want ek kan nie met 'n halwe tand rondloop nie. Dis my exciting nuus vir die dag
Elise, ek dink nie ons mag eno's drink nie, ongelukkig nie. maar hoor maar by jou dok as jy weer gaan. ek weet rennies is fine. iemand het mos nou die dag so suurlemoensap reseppie gegee, het jy dit al probeer?
waar is ralmarie, annalize en helene? hoop als is okay.
Lily, dis darem maar lekker as mens so deurslaap ne! Ek vind dat ek vreeslik dors raak in die nag maar dan weier ek om water te drink want ek dink net aan die opstaan
Ek skree vanaand vir Germany, maar blykbaar het Spanje 'n baie goeie kans.
Hoekom hou hulle die games so laat, dis vertraag. ek sal seker nie kyk nie.