file Oktober mammies 2010

16 years 3 months ago #69589 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi Gerne

Nee dit is nogal warm vandag hoor!! Dis nie gloede nie :)

Ek is alweer blaasoppie vandag! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #69516 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle

jis maar dis vir my warm vandag, of ek kry net gloede of iets maar my aircon is al op 25 somer temp. Shoe :)

my man sien vandag 'n agent oor 'n stukkie grond waarin ons belangstel en waarop ons dan wil bou. die enigste probleem, dit lyk die grond is op turf so dis 'n moeilike besluit om te maak. ag ek hoop maar net alles werk uit.

Christa, geniet jou afspraak en kom vertel asb!

Elise, my moomie is ook nie lekker nie hoor, gooi my nog heel oggend uit.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #69340 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
hi carmen ek weet hoe jy voel ek hol net so baie loo toe ek dink die babsies piepie te veel as jy my vra lol

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #69330 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
More julle!

Ag geniet jou afspraak Christa!! Ek gaan eers weer volgende week Dinsdag! Dit voel al soos 'n ewigheid vandat ek laas gegaan het!

Kyk Riley doen nou nie gimnastiek nie, maar dat die gedroggie op my blaas le of iets is 'n feit!

Ek piepie my dood mense! :unsure:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #69305 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
more almal

Dankie tog my internet is weer aan vandag nou kan ek weer almal se tickers en goedjies sien gister kon ek nie.

Christa is nou ticker gestel op jou keiser datum?Jy is lucky om so vroeg in die maand vir jou sonar te gaan myne is eers die 20ste en dan moet ek bed boek want dan is ek 30weke kan dit nie glo nie sjoe tyd gaan nou vinnig.

Ek moet se myne raak nou bietjie rustiger ek dink haar spasie raak nou bietjie min sy skop darm nog as pappa met haar praat so ja ek weet sys nog ok.

julle ek moet se ek dink ek dra nogals klein vir die bou van my lyf ek is nie n maer gat nie so ek het gedink daar is baie spasie vir haar om te groei maar ek het regtig nogals n klein magie

wat is julle pva vir die koue dag?

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #69283 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Goeie more! Hoop dit gaan goed met almal!

Ek gaan nou-nou dok toe. Sien weer vir Mare! Hy is super besig van Sondag af! Slaap meestal deur die dag en wanneer ek wil slaap is daar gimnastiek in my maag! Kan nogal seer wees met tye! Hy begin nou hier onder die ribbes in skop. Of spring op mamma se blaas! :woohoo:

Hoop almal het 'n heerlike dag! Gesels weer later! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #69182 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
Daar's iets fout met my moomie - het daai vorige post seker al 'n uur terug gestuur.... dog eers die post het verlore geraak en ek sal maar weer moet tik en toe skielik wys dit wel - weird.

Ja nee Christa, het skoon geskrik toe ek jou ticker op 28 wke sien - die tyd raak nou wraggies min. My 24 wke voel darem nog bietjie verder. :laugh: Hoop jy kom reg met die prentjies!

Carmen, ek sal maar vir my lyf eveready batterye moet kry! Kan nie nou al so pap voel nie, die 3e trimester lê dan nog voor.

Julle almal moet 'n heerlike aandjie hê.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account