More almal!
Petro is bly julle shoot is eindelik klaar, nou kan alles terugkeer na normaal. Ons het ongelukkig ook net poorman's tv ook omdat ons so min tv kyk. Dalk vra ek my sus om dit vir my op te neem. Geniet die naweek se kuier saam met jou familie! Dis altyd lekker om 'n slag weer almal bymekaar te kan wees!
Anina, sjoe daai doeke is omtrent 'n bargain ne! Lyk my jy is in dieselfde bootjie as ek met die vissie lap!

Hopelik kom ek more reg!
Sjoe die blikmelk is omtrent 'n storie! Ek sal bietjie die naweek by my sus hoor wat sy gebruik het. Sy het ook bottelbabas grootgemaak.
En toe mis ek my eerste geboorteklas gisteraand. Ek was so teleurgesteld het sommer in trane uitgebars! En ek kon nie wag nie! Nou gaan ek maar volgende Donderdag daarmee begin.

Mens reel mos altyd alles 100% en dan gebeur daar net iets om jou planne te fnuik! Maar ek glo mos alles gebeur met 'n rede.
Ralmarie, daai klink vir my na 'n bargain vir varktjops! Is dit nie deesdae normaalweg so R39.99 per kilo nie? Julle het my nou ook al lus daarvoor en my man is allergies. So ons eet net so nou en dan bietjie spek in pasta of so.
DANKIE TOG DIS VRYDAG!!!!! Hierdie was 'n uiters dol week en ek is stokflou! Ons is tans twee mense wat vier se werk doen as gevolg van retrenchments en 'n verplasing. So dit gaan woes!
Lekker dag vir almal! Ek loer weer later in!