file Oktober mammies 2010

16 years 3 months ago #68441 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Dankie Anina vir die 28 weke. Sterkte vir al daai werk! En dit op 'n Maandag! :dry: Ek sal daai raad vir die op die bank le definitief probeer! :)

Carmen, ons kry 4 mnde verlof sonder salaris, maar my werk betaal die verskil tussen wat UIF gee en 75% van my salaris om die medies en pensioen te cover. So ek kry alles en alles 75% van my salaris terwyl ek op kraamverlof is. Dit behoort darem al die uitgawes vir daai tyd te dek. :) Jy kan definitief vir daai een maand UIF eis. :)

Gerne, jammer van jou masjien! Dit kan mens darem laat sukkel! Klink of julle naweek lekker rustig was! Ons kry ook binus Desember, maar dit word gebere vir vakansie volgende jaar! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #68366 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
oe eina Anina, sterkte met al die werk. :)

ag jy is lucky met die uif!

Carmen, ek vat maar 4 mnde, dis al wat ons mag kry en dan so week voor my due date. so dis maar min jong. daai tyd gaan so gou verby.

MAAR ek was met henko ook so gelukkig, Nov kry ons dubbel pay so my bonus red my ! Tax free, dit hou my gewoonlik die hele tyd. En help dat al my debiet orders afgaan!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #68350 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Die plek waar ek nou werk betaal ook net vir 3 maande, en dan gee hulle een maand onbetaalde verlof as jy dit wil he. Ek gaan vir hulle vra of hulle ook vir my 'n brief kan gee dat ek nie betaal word nie, dan eis ek alles wat ek kan en kry dan darem op die manier vir die ekstra maand betaling.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #68326 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi Gerne

Dankie, kom ons hou duim vas ek kry darem 'n redelike bedraggie vir daai een maand, elke bietjie gaan help!

Hoe lank gaan jy vat?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #68314 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle,

Christa, ek sien jy is juis by 28 weke vanoggend!! Geluk man, die 3de trimester is HIER!!!!! My moegheid het darem eers nader aan die einde gekom, maar dit is 'n goeie plan om vir jouself 'n reel te maak om 'n halfuur op die bank te le sodra jy by die huis kom ELKE DAG. Dit maak 'n vreeslike groot verskil.

Carmen, eks bly jou man is terug. Dis darem niks lekker as die ouens so weg is nie, ek kan dit glad nie handle nie.

Laas toe ek op kraamverlof was, het hulle gese ek word vir 4 maande die porsie betaal wat UIF nie dek nie. Hulle het toe vir my 'n brief gegee om te se ek word nie betaal nie, en dan eis ek. In die mean time is ek vol betaal deur my werk, maar toe moes ek die UIF deel terug betaal.

Gerne, klink regtig of julle 'n heerlike rustige naweek gehad het. Ons sin was dol, ek is sommer moeg na die naweek. En nou het my bediende ook nie vanoggend opgedaag nie, so ek sal moet spark...

Lekker dag!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #68282 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
more more

die weer is so gloomy by ons vandag, dit was baie moeilik om in die pik donker op te staan!

my naweek was baie lekker - ons het net groceries gekoop en kerk toe gegaan, dis al wanneer ons uit was :) lekker!

christa, hoop jou moegheid gaan gou verby! ja die derde tri is maar 'n duiwel hoor!

carmen, ek is bly DH is terug, ja 2 weke is vrek lank hoor.
ja ek dink ook mens kan net eis by UIF as jou werk nie betaal nie, hulle werk dit mos uit (soos ek verstaan) werk hul uit - as jou werk bv 80% van jou salaris betaal - betaal hul so bietjie minder as 20% terug. as werk 50% betaal gee hul die res. MAAR ek is ook nie 100% seker hoe werk hulle die betaling uit nie. So jy sal definitief by UIF 'n goeie bedrag kry vir daai een maand wat jy nie by die werk kry nie.
Ek onthou die eerste maand se betaling was die meeste, wonder hoekom, maar toe raak dit al hoe minder.
die uif se geldjies help baie.

julle is so lucky om so lank verlof te vat. wens ek kon :(

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #68253 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi

Ja die wet se 4 maande, maar dit beteken nie jou werk hoef jou te betaal vir 4 maande nie. :( Baie werke betaal niks nie, myne betaal darem 3 maande volle salaris. Sover ek verstaan kan jy net UIF claim vir tyd wat jou werkgewer nie betaal nie, so ek sal dus net vir daai 1 maand kan claim of hoef te claim? As ek verkeerd is iemandd laat my weet! Hoem meer geld ek kan score, hoe beter! :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account