file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #55919 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Mensig maar julle gesels vandag!

Anina en Carmen, hoop nie julle het te seer na daai valle nie!

Janine, ek is net so vreeslik emosioneel! Makeer die een oomblik niks en die volgende huil ek asof daar geen einde is nie!

Hoop julle het almal 'n heerlike Vadersdag saam met julle mans of ouers of wie ook al. Ek is so bevoorreg om my pa van Fort Beaufort in die Oos-Kaap by my te he.

Ai en wees tog versigtig vir daai val! Ek raak ook nou lomp en het al 'n hele paar AMPER neerslane gehad. :blush:

Gerne, ek stem saam oor die naweke! Leef daarvoor!

Helene, hoop jy kry 'n oulike boompie vir manlief!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #55908 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek is ook net so emosioneel, voel vandag beter maar gister was ek heeltyd op die punt om te huil... Seker maar hormone.

Toe baklei ek ook nog gister met die mediese fonds omdat hulle nog geen van my gyni ondersoeke betaal het nie. En ek raak heeltemal ontsteld en gooi my toys uit my kot... Hulle sit my toe deur na 'n baie vriendelike bestruurderes, en sy kalmeer my toe so bietjie maar ek was nogsteeds nors met haar. Net toe ek die foon neersit, lui dit weer, toe is dit my man se niggie wat se: "Hi Anina, dis ek met wie jy nou net gepraat het." Toe voel ek sommer van voor af sleg omdat ek so nors was oor die foon, maar sy gaan my darem help. Sy kon net nie oor hulle lyn se met wie ek praat nie omdat sy dan nie my saak verder sou mag vat nie. Dit sal my leer om minder onbeskof te wees met call centre mense!!

Gerne, ek is darem ok, net bietjie blou en koud. En ek vat die trappies bietjie meer versigtig aan. My man het my lekker geterg en gese ek sal my full leather motorfiets klere moet aantrek elke keer as ek die trappe aandurf...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #55891 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
Carmen jou swangerskap klink presies soos my eerste! Nie veel probleme nie, behalwe vir die plasenta wat voor sit.

Die keer voel ek die hormone so duidelik. Lily, ek tjank ook gereeld...dis nou n ma wat al reeds antidepresante drink... gisteraand het my man weer sy hande vol gehad met my. Ek is altyd die een wat vir hom se ons moenie worry oor finansies nie, dinge val altyd in plek, en daar tjank ek gisteraand my oe uit oor geld....

vanoggend wil ek maar net lag vir myself.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #55746 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
O ja Janine, ag huil as jy wil en lag as jy wil lag! Ek is nie regtig emosioneel nie, en sien ek het nog nooit aan PMS gely nie, maar alle simpatie! :kiss:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #55742 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle

Helene, die boompie is 'n oulike idee! Ons gaan bietjie eet, saam my pa en oupa vir Fathers day en natuurlik word my man ook include want hy is mos nou al tegnies 'n pa! Riley is mos al 'n mens!

Dankie julle, ek gaan so bietjie oplees!

Ek het so 'n belt van Yummy Mummy, werk oulik, maar hy hou nie heeltemal my broeke op nie, so hulle skuif af en dan steek omtrent alles uit! :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #55734 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
Dankie vir die website Heleen, gaan bietjie loer. Op die stadium begin my broeke net-net styf sit, so ek voel as ek my gewones kan aanhou dra met 'n aanpassing of twee, dan spaar ek immers op die maternity wear.

Dames, julle moet regop bly! Darem was julle valle net op die boude en nie heeltemal gat oor kop nie! :silly:

Carmen, soos die ander ook gesê het - lees bietjie meer op oor die induksie ens. Ek voel hoe meer jy weet hoe beter, en dan neem jy immers self 'n ingeligte besluit oor wat vir jou reg is.

Gits julle, is julle ook so emosioneel? Ek's een oomblik nog 100% en die volgende wil ek sommer net tjank oor eintlik niks (voel natuurlik soos 'n berg op daai oomblik). Ai, die hormone darem, dis soos konstante PMS...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #55733 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Helene, LOL jy gaan tien teen een vir die ou boompie sorg :) maar dis 'n oulike idee.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account