file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #55720 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
carmen, ek het ook nou lekker gelag vir jou val!! mens voel darem so stupit as so iets gebeur.

Ek moet vandag n vadersdag persentjie gaan soek vir my man. Ek wil vir hom n bonsai boompie kry, hy wou nog altyd een gehad het. Ek weet nie of hy sal weet wat om daarmee te maak nie. maar ek gaan maar een kry.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #55718 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
Lily, daai bump cover het n vriendin van my gemaak. Dit is maar net n 'ribbing' materiaal wat aanmekaar gestik word. Jy kan ook gaan kyk op www.yummymummytummy.co.za/ Hulle produkte word in Baby City en Kids Emporium verkoop.

Anina, ons het vreeslik gesukkel met name, en ek het net vasgehak by Stefan, dis vir my n vreeslike mooi naam. Is dit n familie naam by julle of het jy ook maar net daarvan gehou?

Anina, dis bad om so te val met al2 jou kinders!! Ons het ook sulke 2 slegte trappies van garage na kombuis, en ek is altyd bang ek val daar, veral nou dat ek nog so lomp is ook en Lance wil ook altyd gedra word.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #55714 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi Carmen. Ek dink nie induksie is 'n slegte ding nie, ek het dit self gekry op my 40ste week. Dit bring die kraampyne net baie sterker aan maar as jy dan epiduraal kry, voel jy niks :)

Wat ek wel voel is dat induksie te vroeg nie reg is nie want as jy glad nie wil keiser nie kan dit dalk opeindig in 'n keiser omdat baba nog nie gereed was nie. volgens my dokter kan induksie al 2 weke voor die tyd gedoen word maar is die kanse dan meer vir keiser. en dan kan jy net sowel 'n keiser boek as om in 'n noodkeiser te gaan. Ek het nou van 2 meisies gehoor wat wou 'af' he en op week 38 induksie gevat het en baba het toe nie gekom nie.

Blykbaar moet mens se servix gevoel word deur die dokter. as die servix sag is (ryp is?) is die kanse dat 'n induksie goed sal werk. Ek hoop dit werk vir jou uit soos julle beplan!

O gatta, anina, is jy okay? shit man dis bad. arme jy en stefan, en claudia
Hoop nie jou lyf is te seer nie man.

Carmen, jy ook, wat is dit met die gevallery LOL. Hoop die boudjies het darem bietjie ge'buffer' :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #55703 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi Anina

Shame, jammer om te hoor oor jou val!

Toemaar, ek het my gat gister afgelag! Wou op my werkstoel gaan sit, toe skuif hy onder my uit en slet ek neer met 'n slag! :laugh: Wonderbaarlik genoeg het niemand my gesien nie! Darem ook op my boude beland!

Dankie, ek dink ook dis maar omdat sy my wil help beplan oor die datum! My gynae is tog pro natural, so ek dink sy wil kyk of sy my darem eerder kan kry om 'n 'beplande' normaal te doen as 'n 'beplande' keiser! As dit sin maak vir julle?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #55689 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Carmen, induksie is nie 'n slegte ding as dit vir die regte redes gedoen word nie. Maar as dit te vroeg gedoen word kan dit jou kanse verhoog vir 'n nood keiser. Dan gaan jou liggaam deur kraam en keiser so dis nie cool nie... Lees maar bietjie op daaroor voor jy besluit. Weet nie hoekom jou gyni nou al 'n induksie voorstel nie, gewoonlik sien mens eers later of dit nodig is. Maar dit is gerieflik as mens die datum wil beplan. Ek is nou weer mal oor die idee dat mens nie weet nie...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #55679 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi daar!

Jitte maar julle het gister middag 'n storm los gechat! Ek moes terug blaai tot op die vorige bladsy om alles te lees...

Ek is ook een van daai aaklige mense vir wie almal haat, ek het 58 geweeg voor ek swanger geraak het, en toe 2 kg opgetel en gister oggend staan die skaal weer op 58... So dit was seker net water... Ek het met Stefan baie baie water terug gehou en my voetjies was erg geswel. Maar die keer lyk dit (sover) beter en ek hou daai tissue soute byderhand! Ek het met Stefan in totaal 10 kg opgetel (3 daarvan het sommer een dag oornag by my aangesluit agv water)

Helene, my boste lek, hulle lek al vandat ek Stefan verwag het, en het nog nooit opgehou nie. Ek het net ophou borsvoed toe ek weer swanger raak so die hormone was seker bietjie rof... By the way, Stefan is 'n cool naam!! Ek is natuurlik bevooroordeeld oor dit omdat my mannetjie se naam Stefan is. Mag jou Stefan so soet en rustig wees soos myne!

Ek het gister middag met Stefan in my arms by die trappe af geneuk! Nou is my voete en boude en bene pimpel en pers. Boeta het gelukkig nie seer gekry nie en al was my man erg bekommerd is ek seker klein Claudia is fine want ek het net bene gestamp en op my sitvlak beland. Maar met hierdie koue is sulke blou kolle glad nie pret nie!

Ralmarie, ek verjaar 14 Augustus.

Hoop julle het 'n lekker daggie!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #55673 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
H julle

Gaan goed vanoggend!

Gerne, jip, dit wil my voorkom asof my gynae bedoel induksie? Ek is nie seker hoekom sy gese het dat sy in elk geval babatjie wil gebore in week 39 nie, so dis 'n week vroeer, seker maar sy wat dink dis beter?? Het nie juis gevra nie? Is induksie 'n slegte ding?

Ek maalog in my kop rond of ek gaan normaal of keiser, maar ek probeer maar rustig wees en dat die regte besluit na my toe kom! :laugh:

Dankie tog dis Vrydag! :laugh: Ek is skaars terug en klaar nie meer lus vir werk nie! :blush:

Gerne,Bly alles lyk goed met baba!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account