file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #54858 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek kan wel se ek gaan soos 'n telletubby lyk teen die einde.
Ek swel gewoonlik lekker rond en opgepof.

Ons gaan Sondag bietjie vir my skoon ma-hulle in Bronkhorstspruit kuier. Dan lyk ek ook so na die rit van 2 en 1/2 ure. Darem nog nie so erg nie maar swel wel klaar. :P

The joys of being pregnant. :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #54854 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Helene, wou jou nog se, daai 'bersies' van die kids, daar is nou sulke wittes met blou prentjies op. Dit is SO mooi. Gaan vir boeta een kry, net bang Henko gryp hom :)

Ek het nou besluit om maar eers nie 'n baba kamer in te rig nie, sleg ek weet maar ons beplan om baie binnekort (eers na geboorte) te trek so dit help nie ek doen alles om die size van ons huis nou en as ons trek moet alles oorgedoen wees nie.

SO, spaarkamer bly soos hy is, behalwe dat al die klein kassies uit en die laaikas en kot ingaan. so dan is daar darem nog plek vir mense om te slaap. baba gaan elkgeval by ons slaap vir die 1ste 6mnde, dan het ons al getrek en kan ek vir die 2 seuns 'n lekker kamer maak.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #54853 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek is seker maar een van die min gelukkiges! Het nog niks opgetel nie, actually 5kg verloor in eerste trimester. Moet byse, ek is nie lus vir eet nie. As ek 'n gewone bord kos eet, voel dit kompleet of ek drie verorber het. Is so ongemaklik daarna! Dis normaal om op te tel, so hou op stres! Los dit vir later.

Helene, ek is mal oor jou magie fotos! Lyk of klein Lance mal is oor mamma se magie! En seker oor die nuwe boetie ook! Ek kan nog al my gewone klere dra. Het net my broeke se rekke bietjie langer gemaak, maar nou verloor hulle weer. En ek is te lui om dit weer korter te maak, maar dalk moet ek my regruk en plan maak! Dis darem aaklig om heeldag jou broek te loop en optrek!

Gerne, stuur almal warm plek toe wat aanmerkings maak! Hoe wil hulle he jy moet swanger wees en brandmaer bly???! Daai mense is regtig nie lekker nie!

Carmen, sterkte vir daai dooie arms, hande en vingers! Dit moet aaklig wees!

Het nog niemand rug en heup pyne nie? Ek wil doodgaan daarvan in die nag! Het nou die nag sommer begin huil! Dit help as ek opstaan en 'n draai loop, maar dis darem nou te vrek koud daarvoor! Manlief dra maar elke nag Panados aan. Dit verdof darem die ergste pyn so bietjie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #54849 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal.

Sjoe ek is so gevries ek begin nou eers ontdooi. :P

Heleen bly om te sien alles gaan goed. My borste lek nooit voor die tyd nie, so ek glo nie dit gaan gebeur nie. My vriendin sin het wel, so dit hang maar af van persoon tot persoon seker. :)

Christa bly om te hoor jy is so fluks, en dit in hierdie koue. Ons antrasiet stofie se 3 glasies is mos uit, het wel nuwes gekoop, maar nou om hul in te kry. :huh:

Carmen jy kan bly wees oor die verwarmers. :) Ons huis is so koud en die verwarmers help nie veel nie. Dink die verttrekke is te groot.

Gerne ek wens my 4 wil almal op een slag stilsit en DVD kyk. Hulle is soos woellige goggas wat net orals rond hardloop. :huh:

En al jul ander ook lekker daggie verder. Ek kom nie by al die replies uit nie en vergeet wat ek gelees het.
Is net bietjie besig so neerskryf sal nie help nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #54842 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
ag jille, my skoonsus is so. sy was so mooi met haar swangerskap, net 'n magie. sy het 15kg opgetel en mos die 5de junie gekraam, sy het vanoggend vir my gese sy het al 12 verloor. haar gesig is so ingeduik en jy sien net borsbene. grrrrr :P

helene, dankie vir die fotos - jy lyk pragtig!!! bly om te sien daar is nog iemand met 'n boep hier rond :laugh:

Helene, ek het nie so band nie, gebruik sommer spagetti toppies LOL

Carmen, en ek hoop vir jou part jy is nie ook een van die gelukkiges soos ek wat swel nie, urgh, aan die einde, mense lyk so sleg, veral in die gesig. die voete kan mens nou ongelukkig niks aan doen nie :ohmy:

PETRO..........EET!!!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #54819 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
julle, ek raak ook maar orals om rond. Maar ek voel ook soos jy gerne, 'bogger dit' eks swanger.

maar ek weet as baba uit is huil ek weer lang trane oor aal die rondings.... ek hoop maar die keer kan ek die borsvoeding baas raak en dat dit sal help met die gewig!!

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #54788 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
sjo maar julle is nie baie spraaksaam vanoggend nie

dis darem so bietjie rustger vandag by die werk

my borste lek gelukkig ook nog nie, hoop dit bly so


ek is nou sooooooo honger

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account