file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #49389 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa, het jy 'n borduurmasjien?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #49382 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Annalize, jy is baie diep so op hierdie Donderdag! Maar dis baie waar! :)

Ralmarie, bly dit gaan goed met baba! Ek sou ook die kinders liewer uit die dorp hou, Potch is ook mos 'n gasheer dorp vir een van die spanne? Nou voel ek ook al beter oor my naaldwerk wat so le! Dis nou een van daardie dinge wat ek verkies om sonder onderbreking te doen, anders le dit vir dae, eintlik maande!

Petro is nou by dire dokter, so ons sal maar geduldig wag! :huh:

Elise, geniet vir manlief so by die huis! Jou sop klink heerlik! Ai dis moeilik as mens so laat by die huis kom en dan nog moet kos maak ook! Ons is nooit voor 18:00 by die huis nie. :dry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #49372 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
Dankie Ralmarie ek is ook bly dit voel nou baie beter

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #49361 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal.

Alles gaan goed met baba. As ek nou reg onthou weeg hy 489g. Sjoe dis nog so klein. MAar alles is reg en op datum. Nou is dit weer wag vir 6 weke.

Ook maar bly ek wil my kinders uit die dorp uit hou vir die hele wereldbeker tydperk.

Elise ek is bly dinge gaan nou goed met jou tand en dat jy goed slaap.

Christa ek dink ook ek moet net begin dan byt die gogga weer om aan te gaan met die naaldwerk. My hele huis se nuwe kantgordyne le al vir meer as 'n jaar. Skandelik. Ek dink ek moet nou plan maak.
Het gister darem nog een blokkie borduur. Vorder stadig maar seker.

Annalize dis sulke waar woorde.

Petro nou wag ons vir jou nuus.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #49296 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re:Oktober mammies 2010
Use Your Days Wisely

"This is the beginning of a new day. You have been given this day to use as you will. You can waste it or use it for good. What you do today is important because you are exchanging a day of your life for it. When tomorrow comes, this day will be gone forever; in its place is something that you have left behind... let it be something good."

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #49203 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
More julle hoe gaan dit met julle ek het weer soos n droom geslaap en dit was lekker. Ek gaan n lekker pot groente sop kook vandag dis die regte weer dis so koud en onweer ek wil net in die bed bly maar ek moet die sop maak huis skoon maak en stryk.

Manlief is more en maandag af so ek gaan seker nie baie op wees nie dan werk hy dinsdag dan is hy weer woensdag donderdag en vrydag af so ja huys baie by die huis van more af.

Geniet jou scan petro en laat weet wat die dokter se. Ralmarie wat het jou gynae toe gese?

Lekker daggie julle

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #49175 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal!

Hoop julle het almal 'n goeie nagrus gehad!

Ek het gisteraand EINDELIK my badkamer gordyntjies wat seker al 4 maande le klaargemaak! My man het werk huistoe gevat, toe kry ek 'n slag kans om my goed te doen. Andersins kom vra hy elke kort-kort vir my hoe lank ek nog gaan wees. Nou kon ek 'n slag in vrede werk! :woohoo:

Ralmarie en Petro geniet daai afsprake vandag! Moenie soos ek vergeet om dokter te vra hoe groot baba al is nie. :blush: Het te veel vrae op my brein gehad! :ohmy:

Leker dag almal!
:P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account