Hi julle
Gerne, ek is bly alles het darem goed afgeloop met die babatjie se geboorte!!
Petro, ooo, ek is baie excited vir jou!! En natuurlik is daai Milan naam pragtig...was mos my keuse daai tyd en toe vat my flippen oom die naam vir hulle kind!!

Dis regtig 'n spesiale naam, maar kom ons kyk wat dit gaan wees, want Sias is net so mooi! Wat se jou gut feel vir jou is dit??
Ek is ook vreeslik opgewonde, Woensdag is mos my 20 weke afspraak!!
Mense, ek het gister heeldag 'n flippen hoofpyn gehad!! Het sommer met een opgestaan!

Ek dink dis my sinusse, en dit was glad nie lekker nie!
Ek het gaan oplees oor daai pins en needles wat ek kry in my hande as ek opstaan en dat my hande veral in die oggende sommer doodgaan. Lyk my dis deel van Capral Tunnel Syndrome en dis agv. die water retensie wat dit op die senuwees druk. Dis regtig vreemd om in die nag en oggend te voel hoe jou hande helltemal doodgaan en dan as ek dit so bietjie wikkel, dan kom die lewe terug??
Ek en my ma en sussie het Sat aand BAFUNNY BAFUNNY gaan kyk by Carnival City! Mense ek het sooo baie gelag my wange was later te seer om verder te kan lag!

Was heeltemal die moeite werd!
Ok, lekker daggie en gesels later weer!