file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #46272 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
agnee carmen, dis nou hartseer nuus. ai tog.

een van my vriende se baba is april 6weke vroeg gebore en het 2mnde geleef, hy is toe ook oorlede. dit moet vreeslik wees.

julle, ek het nou 'n cariwell bra gekoop by die expo, die vrou het gese die size (dink dit was 'n medium - dalk 'n large) sal vir my pas. wel toe ek by die huis kom is die ding so blerrie klein, ek sukkel om hom aan te kry. R199 down the drain, mens kan mos nie omruil nie. ek is so ongelukkig. ek het gedink dalk moet ek die ding verkoop? LOL

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #46260 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne die fotos is soooo sweeet. :lol:

Lily ja ons werk maar soos ons kan. Probeer min of meer by skool semesters hou veral as hy vakansies met maatjies wil speel en oorslaap.
Maar soos die week voor die skou wat hy elke dag gaan ry het, het ons nie al die vakke elke dag gedoen nie en gaan net so nou en dan in die vakansie dit inhaal. ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #46253 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi almal!

Ag, dis hartseer van Huggles se babatjie. Kan maar net bid vir haar.

Het nou die dag besef hoe lief ek al geword het vir hierdie ou lyfie binne-in my, en ek ken haar nog nie eers nie.

Die foto's is te pragtig Tannie Gerne! :laugh:
Henko lyk skoon groot teen daai klein lyfie!

Baie jammer om te hoor van jou skoonma Helene, dis baie sleg so kort na mekaar. Dink aan julle.

Geluk met boetie se pryse Ralmarie, jy't rede om trots te wees! Hoe werk dit met die home-schooling - het jou kids ook nie vakansie? Of gaan julle rustig aan met die werk? Ek haal wraggies my hoed af vir jou!

Nie veel nuus aan my kant, lekker rustige naweek gehad met middagslapies en baie kos! :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #46244 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi Lies, ek kry ook lekker brixton hix en ligament pyne. Moet se die brixtons begin vir my bietjie vroeg, want as dit so aangaan.... ai die pyne. The wonders of being pregnant. ;)
En glo my dit word erger met elke swangerskap.

Ek geniet dit ook om baie fotos te neem. Hou net nie self van op fotos wees nie. Kom nooit goed uit nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #46188 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle

Ag, dis so hartseer, ek sien Huggles se seuntjie is toe gister gebore maar kort daarna oorlede, sy longetjies was net nie sterk genoeg nie :(

Aaai, wat se mens in so situasie?? Ek kan nie eers imagine wat in hulle gemoed aangaan nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #46067 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Die fototjies is te oulik Gerne!

Lies, hoop dit word beter!

Ek is ook nogal foto mal! Ek hou self nie daarvan om op foto's te wees nie, veral nie nou dat ek soos die Oros Mannetjie lyk nie :blink: , maar ek like van familie en vriene foto's te he! Ek sal ook bietjie foro's op my Gallery laai, gaan loer maar daaronder by my profile, want ek sukkel mos om foto's op te laai!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #46046 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
Nou dis nou juis hoekom ek so sukkel om fotos te kry. Sy familie 'hou nie van fotos nie' jissie, hulle maak my so kwaad.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account