file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #30893 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Elise, as ek na jou spyskaart kyk het jy glad nie 'n sooibrand probleem nie. Jy is baie gelukkig! :P

Carmen, ek loop nou al 2 dae met hoofpyn en Panado help net mooi niks! :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #30875 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
ja nee ek stem ek eet eerder weetbix of all bran voor ek poeiers eet hahahaha maar ek moet se ek het in die begin gesukkel met hardlywigheid maar vandat ek elke oggend weetbix of oats eet sukkel ek glad nie en dis n verligting.

Ek kan nie glo dis so stil nie almal is seker maar besig vandag wel ek wag nou vir manlief gaan sommer steak en chips maak met lekker gebraaide mushrooms en uie en kaas sous daarby yummy

so julle moet n lekker aand he slaap lekker soet drome en pas julle en babsies mooi op

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #30849 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi

Loer net gou in!

Ek het alweer 'm lekker vet hoofpyn gehad vroeer, maar 2 Ponado's het darem dit gefix! :)

Ek gebruik weer die poeier Benefiber, dis 'n groen bottel vir die maag. Jy kan dit ook in enigiets inmeng en dit proe na niks! Maar vandat ek nou elke oggend All Bran flakes weer eet, sukkel ek baie minder met hardlywigheid!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #30825 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Dankie vir al die raad! Ek is nogal lief vir weetbix, dalk moet ek dit bietjie probeer in plaas van die cornflakes wat ons elke dag eet. Sal andersins maar na Duphalac Dry wend. Dink my sus het dit ook gebruik.

Melody, jy is gelukkig om so vroeg vir baba te kon voel. Ek het eers op 19 weke. My maag is ook net sigbaar as ek kaal is. Niemand sien nog iets raak nie. :blink:

Dis omtrent stil vandag! :(

O ja, ek het die moeders van alle sooibrand vandag! Dit brand van my maag tot in my mond! Jugh!!!! :angry: En niks wil help nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #30690 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
dis maar stil hier vandag melody so jy kan lekker opvang. Julle moet elke oggend weetbix eet dit keer die hardlywigheid en glo my dit werk. Ek voel ook baba nou al n rukkie melody en het ook nie gedink ek sal dit so gou voel nie maar dis n wonderlike gevoel en ek moet se sy is nou die afgelope week baie besig en skop baie harder as te vore en die groot maak ek weet waarvan jy praat myne word ook nou net so groot en manlief wel net elke aand in die badkamer by my sit as ek bad want hy is mal daaroor

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #30578 by Melody
Replied by Melody on topic Re:Oktober mammies 2010
Shoe, ek sukkel om by te bly, baie besig by die werk en julle klomp kuier baie lekker.

Christa, ek sukkel ook met hardlywigheid, my DR het gese ek kan Duphalac Dry gebruik, dis n poeier wat jy oor jou kos gooi en jy proe dit nie eers nie. Probleem is ek voel ook nie gemaklik met medisyne vat nie, wat ek wel vind werk is, glo dit of nie, OUMA se NUTRI beskuit. ek eet 2 saam met Milo elke oggend as ek by die werk kom en dit lyk sover so goed.

Ek voel baba al vir n hele ruk, al van 16 weke af, ek het dit nie verwag nie want hulle se n mens voel dit eers baie later in jou eerste swangerskap, dit raak nou net meer gereeld en ek geniet elke oomblik...dis die oulikste gevoel.

My maag word net so gou groot, ek het dit ook nie verwag, gedog ek sal vir n hele ruk nie wys nie, maar baba voel anders, ek dink ek gaan rees agtig groot wees teen die einde.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #30501 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Hallo almal.

Het so vinnig gelees en sien dit gaan darem goed met almal.
Sal dalk vanaand weer iets post.
Het 'n dol dag vandag.
Lekker dag vir julle. :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account