file Oktober mammies 2010

16 years 5 months ago #26613 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
wow - ek los julle vir 'n dag alleen en julle klets heeltemal te veel

ook maar goed - want sien julle chat net oor expo - dit maak my depro want ons het nie expo in noord-kaap nie, soos in glad nie

het heerlike rustige naweek gehad

vandag was egter baie dol - eers half 8 by die huis gekom

nog so 3,5 weke dan kan ek ook uiteindelik uitvind wat dit is. indien myne ook blou is, sal my kind maar heeeeeeeeelagter moet speel ,aangesien ons laaste gaan uitvind

wie gaan nou volgende uitvind ?

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #26537 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Lekker aand almal.
Hoop jul slaap lekker. :kiss:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #26468 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Carmen enige stoeltjie sal werk, hy moet net daarin kan sit en tussen die bene deur ook kan vasmaak dat hy nie uitgly nie.
ek was bevoorreg dat my oupa vir my oudste 'n houtstoeltjie gemaak het. Later kan die boonste deel afhaal dan is dit 'n leertjie, maar ons het nog nie by afhaal gekom nie.Gebruik hom nog al die pad.
Die aanknip werk ook lekker. Ek het een van hul ook, maar nou is ons kombuis en eetkamer tafels hout tafels en het 'n bree rand aan die onderkant dus pas die stoeltjie nie om te hak nie. :ohmy:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #26434 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Carmen. Henko het niks van sy bumbo gehou toe hy baie klein was nie en toe hy groter is, het hy uitgeklim. So ja, kyk eerder of jy net by 'n vriendin een kan leen, mens gebruik dit regtig baie kort.

soos die girls se, gebruik jou snug & save. ek het nie een gehad nie, ek het so lap stoeltjie wat draad pote het wat so skud as jy hom wieg, ek het henko daarin gevoer maar dis dieselfde konsep.
Ek dink enige eet stoeltjie kan werk. ek wou graag een van daai plein hout reguit stoeltjies kry maar toe het ek ook een van daai wyepoot stoele gekry by 'n vriendin. en dit vat nogal baie plek :) maar ja, ek gebruik dit. ek sou eintlik gehou het van een wat aan die tafel vasknip sodat hy lekker saam ons kan sit.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #26393 by neln
Replied by neln on topic Re:Oktober mammies 2010
Sjoe - ek moes nou omtrent lees om op te vang - julle is baie bedrywig!!!!

Bly om te sien dit gaan goed met almal - ek is oppad huis toe en sal more weer chat!

Lekker aand!

Stefan Johan Nel - 06/10/10, 4.225kg, 53cm
11 weke - 6.4kg

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #26382 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Thanks Ralmarie! Ivm met eetstoeltjies? Is dit regtig nodig om een van daai vresslike contartions te kry met pote wyer as mens se kar omtrent of kan mesn regkom met plein en simpel cheap ene?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #26378 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Carmen, ek voel ook dis onnodig om te kry. Ek het ook snug n save gebruik en dan het ek 'n lekker hoe eetstoeltjie wat ek daarna gebruik dan sit baba by ons aan tafel.
Maar as jy voel dit gaan jou help, kry een. Dis darem nie asof jy jou rekening leegtrek om dit te koop nie. (Tensy dit die einde van die maand is. ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account