Sjoe maar julle gesels lekker baie vanoggend.
Ek het gou gelees om op te vang.
Waar begin ek?
Borsvoed - Jip Definitief weer, dis so lekker. En hul se daar is nie iets soos te min melk nie? Weet nie dis wat die geleerdes se, gelukkig het ek nie daai probleem nie.
Het Ludwig geborvoed tot op 18 maande, Suzaan het haarself op 8 maande gespeen, Jeanne tot op 12 maande en Rachelle het ook haarself op 8 maande gespeen. Moet byse Suzaan en Rachelle het gou begin eet.
Heleen ai tog, 2 bande dis erg.
Geniet die kuier, speel vanoggend.
Gerne hoop jy voel gou beter. Ek dink ook jy moet maar dalk 'n draai by die dokter maak.
Happy jou kot is mooi. Die badjie is lekker as jy hom het, dit breek nie jou rug as jy moet wateraandra nie. ek sit sommer 'n bababad op die bed dan bad ek kleinding daar. Maar ja die water uitgooi na die tyd is swaar.
Christa ai ek dink ek moet vir jou kom kuier. Of kom jul partykeer Potch toe? Dis nogal oorweldigend vir mense as mens met 4 kiddies opdaag. En myne het nogal genoeg energie.
Petro was dit jy wat gevra het oor camp cot?
In elkgeval ek het een gekoop met laaste baba, is spyt ek het nie vroer nie. Ek geniet myne baie en het net met Ludwig 'n carrycot gebruik vir kllein rukkie en glad nie met een van die ander nie.
Carmen, waar is jy of het ek jou post gemis?
Myself, ek voel bietjie meer energie in die laaste tyd. En ek is ook al 19 weke en 4 dae. Jippie Vrydag is dit halfpad.