Carmen, geluk met die nuwe kar. Ek moes Maart my sports model opgee vir ‘n ou tannie kar, want met twee kiddies gaan ‘n drie deur net moeilikheid gee. Ek stem saam met Helene en Gerne dat die Bumbo ‘n oulike ding is om te he, maar dat mens dit ontsettend min gebruik. My tannie het 'n oulike eetstoeltjie vir Gianluca gekoop. Hy haak aan die tafel soos Ralmarie verduidelik het en gebruik ons hom selfs as ons gaan uiteet by Spur. Ek weet nie waar sy hom gekoop het nie, maar ek dink dit mag dalk Game wees.
Gerne, die opblaas goedjies vir die bed word Dream Tubes genoem en kan jy op die website kyk of hulle bel.
www.grobababy.co.za of (011) 791-7000. Ons het presies dieselfde pram gekoop wat julle wil koop, maar staan hy nog in die boks. Jou fotos is amazing. Ek het weer vanmiddag na my sonar video gekyk en al is ek al daardeur is dit nog steeds vir my ‘n wonderwerk.
Ralmarie, jis ek is gek oor jou kar. Het nie geweet wat dit is nie en is nogal crazy oor karre so het op die net gaan loer. As my man instem vir baba no. 3 sal ek sy arm moet draai vir so een. Wie is Elaine? Skies, ek is besig met ‘n lysie en ken nie die naam nie.
Elise, jy maak my jaloers met al jou energie! Waar kry jy dit? Stuur bietjie vir my ook seblief.
Helene, dankie vir die karstoeltjie idee. Sal dit met die nuwe baba probeer.
Petro, sterkte met die wag vir jou afspraak, maar ons is darem hier om jou by te staan in die tussentyd. Die volgende afspraak is Marion wat more gaan en dan is dit Lily (Janine) wat op 25/05/10 gaan dan is dit jy.
Raaait almal, lekker aand en soet drome – Elise, ek watch vir jou ne, soet drome nie stout drome nie.
Voordat ek vergeet, ek bars uit my klere uit! Letterlik! Nie net om my maag nie, maar my bobene en boude pas nie meer in my broeke nie. My pens lyk nou soos hy op 7 maande met Gianluca gelyk het. Oh my word meisies, hier kom een groot swanger tannie!!! Hoe gaan daardie gesegde: "be careful what you wish for... you might just get it". Hey, ten minste het ek nou so bietjie cleavage ook. Hehehe...