× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

12 years 4 months ago #249465 by hope83
Halo almal, sjoe moes nou eers weer opvang. Dis flippen koud hier in die kaap. My vingers is yskoud.

Tinktinkie, ek moet vrydag vir n opvolg gaan en moet dan ook vir die fs se of ek sagte stimilasie of gewone ivf gaan vat. Hulle gaan dan die meds bestel. Op die oomblik weet ek self nie meer watse een. Het gehoop ek sal al teen die tyd weet. En ja ken daai gevoel baie goed van by clicks in hardloop. :side: :side:

Meisiekind, ja dis wat vir my ook die ergste was, elke maand n spul geld en dan is daar net een of glad nie. Wat my net meer gefrustreer het is dat die dr baie ongevoelig was. Ek weet daar was daai 1 mnd wat ons gehoop het op IUI wat hy eenvoudig net gese het, Hmm kom ons probeer ma weer volgende keer. Tot my fs waar ek nou is kon nie verstaan hoekom hy nie die een gebruik het nie.

Oor jou ander vragie, dink dis jou besluit, ek het voorheen vir mense vertel as hul vra met die hoop hulle sou verstaan maar dit was nie die geval nie. Die ergste was by my skoonsuster se seuntjjie se verjaarsdag toe my skoonma voor al die mense gese het: "dis nou my skoondogter, die een wat nie vir my wil kleinkinders gee nie", dit was die laaste strooi. Hierdie keer weet net my ma en my baas. Want hy moet my afgee as ek dr toe gaan. Ek is baie oop en eerlik met hom oor alles en GELUKKIG verstaan hy en hou hy als privaat.

Twinkle, wow dis n slegte een daai, ek kan nie glo dat mense sooooo ongevoelig kan wees nie. Dit maaak n mens sommer meer negatief. Bly jy het geskuif na n ander plek. Geen mens het daardie druk ook nog op jou nodig nie.

Me: 31
Hubby: 33
TTC since Sept 2009

2012 / 2013: Laparoscopy/Hysteroscopy/D&K -
Remove endometiosis

May 2013: IUI cancelled
Nov2013: IUI cancelled

Jun' 14: IVF - BFN
May'15: Ready for 2nd IVF....lets get started

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249462 by Twinkle
WOW nunukie - 17kg op die end --- WELDONE .... so bly jy het dit gedoen

Hoop nie jy het teveel newe effekte nie - ek het een sikklus 50mg fertomid gedoen en toe 6 sikluse 100mg gedoen en net hot flushes soms gehad nie eers elke siklus nie...

BAIE BAIE STERKTE vir jou vir hierdie siklus - ek glo en vertrou dat na jy soveel moeite van jou kant af gedoen het jy jou BFP gaan kry.

As ek mag vra het jy jou insulien laat "toets?" en as jy het wat is dit nou ...

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249461 by Nunukie
More hier uit 'n bitter koue Kaapstad....

Meisiekind, ek het hierdie keer wat ons nou weer probeer 2/3 kollegas (wat ek vertrou) en my direkte bestuurder vertel. Niks detail nie en ook sommer vir hul reguit gese hul moenie vrae vra nie..EK sal met hulle praat as ek so voel.
Vorige keer het ALMAL geweet en dit werk nie!!!! Almal vrae die heeltyd (uit belangstelling en neskuurigheid) en dit is net te EMOSIONEEL om almal te antwoord en te verduidelik en en en...MAAR soos Jame se, wat ookal vir jou gemaklik is.

Jame, GEDULD, vroutjie....Ek weet dit is moeilik. Na 7 jaar van ttc het ek geleer dat daai POAS nie my maaitjie is nie. Ek vermy dit soos die PES!!!
Leer by Tintinkie!!! Loop draaie om Clicks en die plekke wat die stokkies verkoop ;)

So, vannaand begin ek met my Fertomed!!! (Dag 3 tot Dag 7). Maandag is my "Dag 8" Sonar (Sondag eintlik dag 8)...
Julle sal nie glo hoe opewonde ek en my man is oor die siklus nie. Ons het December 2013 besluit om weer te probeer en dit was 'n laaanngg wag. Ek het 17kg verloor om "gesonder" te wees en insulien af te kry, op 'n lekker vakansie gegaan om "rustiger" te wees. Provera is gedrink, AF het gekom en nou BEGIN ons :rock:
Ek moet bieg ek is bietjie bang vir die newe effekte van Fertomed.....MAAR dit gaan my nie onderkry nie!!! Ek WEIER!!!

Lekker dag vir julle!

ME: 33, PCOS
DH: 31, Low Morphology
TTC since 2006
Clomid & Natural Remedies
2011
IUI #1: BFN
IUI #2: Cancelled
BREAK
2012-2013
Natural remedies - No luck
2014
New FS
March: LAP - Romoval of Pollyp & Endio
June: IUI #1 -Fertomid (100mg) - BFN
July: IUI #2 - Clomihexal (100mg) - BFN
Aug: IUI #3 - Clomihexal (100mg) & Gonal F (450 IU/0.75ML) - BFP
Beta #1: 154
Beta #2: 390
M/C 9 weeks - Heartbroken
Taking a break :)
2015 - Let's try again
May: IUI#4 - Fertomid 100mg & Gonal F 450 IU/0.75ML

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249460 by Twinkle
Hi Meisiekind

My persoonlike ondervinding was hoe minder weet hoe beter... mens kry van die ongevoelige mense wat nie n idee het waardeur jy gaan nie en wat jou elke 2 weke sal vra en is jy nou al swanger - wat nogals op mens begin werk en die lelike kant van my uit gebring het... "jy hoef eerlikwaar nie weekliks te vra nie ek sal jou se sodra ek swanger is - baie dankie vir jou belangstelling" aangesien die verwagtinge soveel hoer is die oomblik as jy "behandeling" kry.

Dan wat die werk betref - dit is die GROOTSTE FOUT wat ek in my lewe gemaak het - ek het ook gedink indien ek vir hulle gaan se sal hulle beter verstaan en "makliker" verlof grant ... toe nou nie - die verlof reels het toe sommer binne dae verander - wat my heeltemal benadeel het... Die bestuurder het GEEN "simpatie" of eerder empatie gehad met dit waardeur ek gaan nie ... ek mag nie eers my lunch deur gewerk het of geskuif het om te gaan vir die LH bloed toetse nie dit moes van my verlof af kom .... Wat die ander werks mense betref een het geweet wat ek gedink het ek kan vertrou aangesien sy redelik van my geweet het - FOUT - sy het gesorg dat my "pad wat ek stap" talk of the office geraak het... lunch tye in die voertuie - en hoeveel keer het ek toe nie die vraag gekry van mense wat nooit gepla was nie `' SO wanneer kom nr 2 dink jy nie dis tyd nie" .... Ongelooflik bly ek is ontslae van al daardie mense (is nou amper n maand by nuwe maatskappy)

Dit is uit en uit jou eie besluit - dink mooi daaroor .... dink waarvoor sien jy kans en waarvoor nie.... Die persoon wat nou in my pos is het nou die dag n epos vir my gestuur re die mense in die kantoor ek haal aan " om te dink dit is volwase vrouens wat kinders groot maak wat so optree"

Sterkte met jou besluit!!!

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249458 by Jame
Tinktinkie well done om clicks te vermy. Ek sou dadelik ingestorm het en bulk pack gekoop het :laugh: :laugh: . Hou ons op hoogte :heart:

Meisiekind sorry oor jou siklus jong. Het al 2 keer met my ok gebeur dit SUCK :S
ons is baie priv oor ons situasie. Net my vriendin haar man weet en my ma. Ek het wel besluit om di keer kollega van my te vertel. Dit help met di werk en dat da iemand is wat vi my ka cover. Dis so petsoonlike besluit. So jy moet besluit wat vi j gemaklik is. Ek sa wel se vertel iemand wat j vertrou by do werk. Dit help baie ek moes dit al lankal gedn het. Ek wil ni he mense moet elke keer as hul my sien wonder op watse meds is ek di siklus ni of is ek al swanger ni. Of ergste sleg voel vi my ni. Veral in groot vriendekring. Maar dis net EK

Vanoggend wee bfn. Ek tjank maar vrylik hie wa ek sit. :cry:

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249454 by Meisiekind
Hello julle!

Hoop dit gaan nog goed daar met julle almal!

Jamé, sterkte vir die 2ww en probeer kalm bly. Dis nog baie vroeg vir HPT, so ek sou nie enige iets daarin lees nie. Inplanting kan enige iets van 6 - 10 dae vat en jy's nou eers op 4/5 dae. Dink aan jou! :heart:

Lagogies, hoe gaan dit nou met die brongitis? Hoop jy's al baie beter!

Tinktinkie - byt vas en los daai stokkies. :P Sterkte vir jou ook!

AFM, was vandag vir CD20 scan en FS sê daar gaan niks aan nie. So ons trek nou hier die streep met hierdie siklus. Gaan nou Provera vat vir 10 dae en hooplik kom AF gou daarna sodat ons weer kan probeer. Gaan volgende siklus 'n dubbel dosis Fertomid vat (100mg) en weer scans doen vanaf CD10 om te sien wat gebeur. Het sommer klaar vanaand my voorskrif gaan kry, en ook maar goed so want ek het die laaste voorraad gekry.

Ek's nie regtig te veel omgekrap met die onsuksesvolle siklus nie - dis eerder die koste van alles wat maak dat ek nou wil hê dinge moet na 'n kant toe staan. Dis nou nie so duur soos IUI en IVF nie, maar die R3600 wat ek die maand moes betaal sonder enige hoop op 'n BFP is darem nie lekker nie. Gelukkig is dit bonus tyd by ons einde volgende maand, so dan kan ons darem weer bietjie spaar vir wat ookal op ons wag.

Gou 'n persoonlike vraag aan julle almal. Ek sit en wik en weeg of ek meer mense moet vertel van die paadjie wat ons stap. Op die stadium praat ek net met my ma en 'n vriendin daaroor. Dit raak maar moeilik om so baie van werk af te vat vir die scans sonder om te verduidelik waar ek gaan. So party dae dink ek dit sal makliker wees om net te sê wat my storie is. Dis nie dat ek my diepste gevoelens met almal wil deel nie - net die feite sodat mense hooplik verstaan wat in my lewe aangaan (as hulle ooit kan). Wat is julle ervaring? Dink julle dit sit meer pressure op mens?

Lekker week vir julle almal!

Me: 38 (PCOS, anovulation, endo)
DH: 41
DS: Our miracle boy conceived naturally, born Feb 2012
DD: Our miracle girl conceived naturally, born Sep 2019

TTC#2 June '13
Dec '13 - Dec '14: 8 cycles Fertomid (4x50mg; 4x100mg) - referred to FS May 2014
Jan '15: Laparoscopy and hysteroscopy - removed Endo, improved structure of 1 tube
Apr '15: IUI#1 - BFN
May '15: IUI cancelled, too many follicles
Jun '15: IUI#2 - BFN
Oct '17: IVF aspiration
Nov '17: FET#1 - BFN
Apr '18: FET#2 - BFN
Jun '18: FET#3 - BFP - early MC
Aug '18: FET#4 - BFP - early MC
Sep '18: FET#5 - BFP - early MC
Jan '19: Natural BFP!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249452 by Tinktinkie
Hi julle!

Jame, my hart is sommer saam met jou seer - dink ek sou dieselfde gedoen het as ek jy was - maar hou net uit, moenie hoop verloor nie, Vrydag is vinnig vinnig hier dan kom gee jy vir ons die goeie nuus! Bid vir jou xxx

Hope, wat gebeur vir jou Vrydag? Ekt seker weer iets gemis iewers :blush:

Nunukie - 'bly' af het opgedaag! Op watse meds gaan jy gaan vir KI?

Meisiekind, hoe het jou scan vandag gegaan? Xxx

Lagogies, voel jy al bietjie beter? Het jy dit darem rustig gevat??

Hello al die ander dames! Hoop dit gaan goed! Dink aan julle xxx

Afm : dag 21 vir my, moes n wye draai om clicks loop vanmiddag om nie solank stokkies te gaan kry vir volgd week nie.... :pinch: :pinch: :pinch:

Me: 30 lean pcos
DH: 33 male factor
Married 7yrs

Ttc since Oct 2011

DH had varicocelectomy Sept 13
Jan - May 14 - Femara =BFN
March 14 - Move to FS
May 14 - Hysteroscopy
June 14 - IUI 5mg Femara = Canceled
July 14 - IUI 5mg Femara, menopur and ovitrelle = BFN
Aug -Sept 14 - IVF with IMSI and ICSI - Hyperstimulated - no transfer.
6 frozen blastocysts
30 Oct 14 transfer 1 5BA blastocyst
6 Nov - 1st Beta 55
8 Nov -2nd beta 130!
We are so thankful

Daughter born at 33 weeks

File Attachment:




.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account