Nunu, vreeslik jammer om te hoor oor die BFN.

Dis normaal om baie afgehaal te voel oor die nuus. Maar moenie nou opgee nie. Jou liggaam is nou lekker opgewarm en gaan die volgende siklus beter reageer. Vat 'n dag of twee en slaap daaroor voor julle finaal besluit. Het al gesien dat ek beter voel en kans sien vir nog as ek eers oor die aanvanklike terleurstelling is. Sterkte vir julle!
MiBel, ek dink hoofpyn is van die mees algemeenste newe effekte wanneer mens enige hormoon behandeling kry. Vreeslik hoofpyn gehad toe ek die eerste keer Fertomid en Gonal-f saam gebruik het. Die 2de keer was dit nie so erg nie, so ek dink dit verskil van siklus tot siklus. Hoop dit raak gou beter!
Twinkle, ek kan net dink dat daardie woorde van jou seuntjie moeilik was om te hanteer. Mens weet nie eers altyd wat om terug te antwoord nie. Deesdae sê ek altyd vir hom "jou boetie of sussie gaan nog kom". Jou oudste sien seker al baie uit na sy nuwe maatjie.
Ons KI het baie goed afgeloop vandag. Ek het nogal gewonder hoe dit gaan wees na Nunu se moeilike een die ander dag, maar weereens 'n goeie ervaring gehad. Dit was asof alles net in plek geval het met elke stap wat ons moes vat - dankie Here! Ek is so opgewonde soos 'n kind wat wag op Kersfees, moet nou net hierdie 2ww agter die rug kry.