Hello julle almal!
Jammer ek was die laaste week so skaars. Was dol aan my kant met onderandere my ouma se begrafnis en drama by my seuntjie se skool. Tussen deur ook nog die vroeë oggende om betyds te wees vir scans ens. en gevolglik min slaap.
Ek gaan sommer die deur in die huis val. Was vir 3 scans die week. Dinge lyk goed en het 3 follikels met potensiaal gehad teen Vrydag. Een was al 19mm gewees. Het gister en vanoggend laat bloed trek vir LH toets en gaan môre weer vir die laaste keer. As LH self piek, dan IUI ons Maandag. Andersins spuit ek môre dan IUI ons Dinsdag. Ek begin nou opgewonde raak met die dat ons darem weer 'n kans staan op 'n moontlike BFP. Dit sal maar die 2de keer hierdie jaar wees wat ons 'n kans staan.
Nunu, ek is bly om te hoor jy klink weer na jou ouself.

En dat julle weer gaan probeer as dit die keer nie gewerk het nie.

Ek is effe verbaas dat jy so graag wil POAS die keer. Weet mos hoe voel jy oor die goed. Ek kon myself nie in die verlede keer nie, maar sedert die begin van die jaar is ek glad nie lus vir POAS nie. Het 'n clear blue digital wat al vir maande in die kas lê. Met my vorige IUI het dok my laat bloed toets doen op 13dpo en dit was die enigste toets wat ek gedoen het. As jy dit nie al klaar gedoen het nie, ek sou nie voor 12dpo toets by die huis nie. Kanse op 'n vals negatief is nog baie groot. Maar as jy het, ek kan nie wag om die uitslag te hoor nie.

Dink aan jou.
Ellam, ek is self nie te mal oor Provera nie, maar die Gonal-f wat ek nou gespuit het, het my hoeka so bevoeterd gehad laas naweek. Arme ML het ook maar deurgeloop, ten spyte daarvan dat ek myself probeer inhou het.

Gelukkig was dit teen Maandag beter, want ek het gewonder hoe ek sommige mense by die werk sal kan hanteer as ek so kwaai is. Sover dit my aangaan is dit baie normaal om 'n emosie of 2 te hê wat bietjie van koers af raak wanneer mens enige vorm van hormone moet gebruik. Soms is mens geïrreteerd met alles en almal, ander kere meer depresief. Die belangrikste ding waaraan ek myself herinner is dat dit nie regtig ek is wat so is nie en dat dit sal oorwaai sodra ek oor daardie fase van die siklus is.
Twinkle, ek verstaan wat jy sê omtrent selfsugtig voel oor #2 met ander mense wat nog nie eers een het nie. Maar dan vra my seuntjie my waar is sy boetie of sussie wanneer hy ander kinders s'n sien - dan is ek weer van voor af vasberade want hy is altyd so alleen en wil so graag 'n maatjie hê.
Sexy~hexy, jy's altyd welkom hier.
Tanzie, welkom terug! Bly om te sien dit gaan beter na jou terleurstelling vroeër die jaar. Hoe meer ek aangaan met die TTC pad, hoe meer besef ek van voor af watter wonderwerk dit is om 'n BFP te kry. So as daai "oopsie" van jou iets oplewer, dan moet dit God se regte tyd vir jou wees. Ten spyte van al die pille en prosedures wat ons deurgaan, kan daar niks van kom as God se hand nie daarop is nie. As jy besluit om te wag tot Aug, dis ook nie meer ver nie en hooplik kom jy sommer gou reg die keer.
MiBel mamma, baie welkom hier by ons! Ek sien jy't ook al 'n swaar paadjie gestap.

Ons glo en vertrou dat alles goed sal gaan en dat jy sommer binnekort weer goeie nuus sal kry. Dit was vir 'n ruk lank stil hier, maar almal wat al op die thread saam gesels het, ondersteun mekaar. Dit help regtig om die pad saam met ander te stap wat verstaan waardeur jy gaan. Sien uit daarna om jou beter te leer ken.
Mag daar 'n wonderlike week op julle almal wag! So exciting dat dinge nou weer aan die gebeur is hier. Ek sal hard probeer om meer in te loer...