Bytjie, ek het dit nog nie regtig oorweeg nie, want het seker maar aangeneem my FS sou dit voorgestel het as dit 'n opsie was. Wat dinge moeilik maak is dat my ovulasie dag baie onvoorspelbaar is, selfs op Fertomid, so tot dusver was scans die enigste manier om te sien wat aangaan. Help nie as mens te vroeg trigger nie. En ongelukkig is die scans 'n groot deel van die onkoste. Ek het gedink om die komende maand 'n unmedicated cycle te doen, want my FS stel dit voor na elke 3de siklus. Miskien moet ek hom gedurende die maand bel en hoor wat hy dink oor ander opsies goedkoper as IUI.
Het voor die IUIs heelwat maande van net Fertomid met tuisplan gehad en obviously het dit nie gewerk nie, so dis seker nie realisties van my om te veel te verwag daarvan as ek dit weer sou doen nie. Eintlik is ek nog maar baie onseker van wat om nou te doen. Ek en ML het ook nog nie juis ordentlik tyd gehad om dinge te bespreek nie.
Jy's seker half opgewonde om weer die TTC paadjie aan te durf? Gaan julle dieselfde resep volg as toe jy laas swanger geraak het? Ek hoop dat julle sommer gou sal regkom.