Hello almal!
Hoop dit gaan nog goed met julle?
Nunukie, my hart breek om jou woorde te lees.

Ek het so gehoop julle sou weer goeie nuus kry die keer. Voel of ek jou wil oortuig om nie op te hou probeer nie, maar ek verstaan ook dat julle wil aanbeweeg. Die pad was klaar so lank gewees. Ek hoop wel dat julle nou berusting kan kry in julle besluit. Sal nooit ophou hoop dat ons Vader julle wel wonderbaarlik sal seën met 'n verrassingtjie van jul eie nie.
Dankie vir elke woord van bemoediging wat jy aan almal hier gegee het. Dit het definitief 'n groot impak op my lewe gehad en ek is seker 'n hele paar ander dames stem saam met my.
Tinktinkie, hoop dit gaan nog goed onder omstandighede? Ek verstaan dit kan maar woes gaan met 'n kleintjie in ICU, maar bid dat sy vinnig sal vorder en dat julle sommer een van die dae huis toe kan gaan.
Bytjie, omtrent die TWW, dit gaan goed onder omstandighede. Die progesteroon pille is darem nie te erg nie. Andersins probeer ek maar my gedagtes in toom hou, nie symptom spot nie, ens. Want dit kan mens maklik mal maak as jy eers daar gaan...
Twinkle, al enige nuus?
Tanzie, ek onthou ek het onlangs gelees van iemand wat 'n vreeslike yeast infection gehad het (dink dis dieselfde ding??). Anyway, ek het die link gevind na die post waarin die persoon vir raad gevra het. Kyk bietjie daar wat mense voorstel. Soos HoopVirDieBeste sê, iemand het toe ook natural unsweetend yoghurt voorgestel. Miskien is daar iets wat jou kan help?
www.moomie.co.za/forum/15-trying-to-conc...for-2015-baby/257245
Hoop jy kom reg, anders is dit dalk beter om eerder te hoor by die apteek of om 'n GP te gaan sien.
Andersins hoop ek jy voel binnekort emotionally 'n bietjie beter. Jy's dalk reg - miskien nog nie heeltemal tyd vir TTC nie. Die dinge vat maar tyd. Ons is hier as jy wil praat.
Lekker naweek vir julle almal!