Dankie julle vir die goeie wense en ondersteuning.
Ons KI is môre middag. LH het nie self gepiek nie, so het gisteraand trigger gespuit. Amper nog 'n issue daarmee gehad ook, want ek het nooit geweet die inspuiting moet in die yskas bly nie. Myne het vir omtrent 2 maande in die laai gelê. Gelukkig toe die suster my gister bel om te sê ek moet hierdie keer spuit, vra sy of dit in die yskas is. Lang storie kort, sy was wonderlik en het gereel dat die ander suster wat ook daar werk, my gister middag (Sondag) by die spreekkamer ontmoet om vir my 'n nuwe een te gee. Ek is so dankbaar. Beter kan mense kan jy nie voor vra nie.
MiBel, sterkte met die nuwe rondte Fertomid. As ek nou een ding geleer het is dat mens elke maand van voor af krag kry om weer te probeer solank jy aan ons Vader vashou en jou vertroue in Hom sit, en nie in enige medikasie of mense nie. Ek doen wat ek kan en God sal die res doen.
Nunukie, nou dat jy dit noem verstaan ek heeltemal hoekom jy wou POAS. Dit is darem maar wonderlik om daardie 2de lyntjie te sien. Ek het seker ook net te veel negatiewe toetse in die laaste 2 jaar gehad. Neem aan jy toets môre? Sterkte! Ek gaan verseker aan jou dink!
Tanzie, dis darem maar koud in jou wêreld! My man het ook vir die eerste 20 jaar van sy lewe daar gebly. Hy sien homself nou nog nie heeltemal as 'n Kapenaar nie en dink altyd PE is beter. Maar ek werk aan hom.