Dankie Tinktinkie, ek voel ook sommer baie meer positief. Jammer om te hoor van jou dinge, maar ek hoop dis nou die begin van baie goeie dinge vir julle!
MommyMe, ek is mos hierdie maand op geen meds na 3 siklusse van Fertomid (Clomid). So FS het verduidelik dat hierdie meds baie lank in jou sisteem bly. Laaste siklus se meds het nou nog 'n invloed, maar wel nie so sterk nie. So normaalweg sou ek glad nie ge-ov het nie, maar agv vorige meds het dit nou wel 2 weke laat gebeur. FS het ook gesê dat agv hierdie effek van die meds, moet mens elke 3 maande eers 'n maand lank 'n breuk vat voor jy kan aangaan.
Omtrent die Clearblue Early detection, ek het eenkeer een gekoop omdat dit al voorraad in die winkel was. Ongelukkig was dit natuurlik BFN vir my so ek weet nie hoe vroeg dit regtig sal werk nie, maar die pamflet binne die boks claim iewers tussen 7 en 10 dpo (maar ek dink dit hang ook baie af van die individu, want inplanting gebeur nie gou vir almal nie). Een ding wat ek wel kan sê is dat jy beslis nie die stokkie gaan mis piepie nie - die absorberende punt is regtig massief. Maar die prys sit my heeltemal af - seker omdat ek ook te gereeld die stokkies gebruik in die 2WW

. Dis R90 gewees. Clicks se early detector (die blou pakkie) lyk baie dieselfde, maar is net nie digitaal nie - hy's R40. Hulle gewone stokkies (pienk pakkie) se pamflet sê dis akkuraat bo 20mlU/ml, so ek reken die early detector moet op laer vlakke werk. Sover ek onthou is die bloedtoetse R108 by Pathcare, so ek gaan nie sommer weer R90 vir 'n stokkie betaal nie - dan eerder die bloedtoets wat 'n definitiewe antwoord gaan gee.
Lagogies, so jammer om te hoor van jul hondjie.

Hulle raak mos soos mense in die huis. Sterkte!
Newbiemom, jammer om te hoor van BFN, maar well done dat jy jou nie laat onderkry nie.
Annie78, hang in there. I wouldn't read too much into those symptoms. They are common as both PMS and pregnancy symptoms, so I believe it really could be either.